Leesplan inligting

Ses Dae van die Name van GodVoorbeeld

Six Days Of The Names Of God

DAG 4 VAN 6

DAG 4: ESH OKLAH – VERTERENDE VUUR


Het jy al ooit die vernietiging gesien wat deur 'n bosbrand aangerig is? Dit verteer alles in sy pad, spring vinnig oor paaie en brûe en selfs riviere. Stel jou nou 'n verterende vuur voor wat groter is as die heelal, en jy sal 'n klein kykie van die krag van God begin kry.


Ons moet respek hê vir God se oorweldigende krag, maar ons moet ook onthou dat Hy 'n hoogs persoonlike God is wat oneindig baie vir ons omgee. Daarom is Hy 'n God wat ons lof en aanbidding te alle tye verdien. Ons moet Hom nie ligtelik opneem nie, maar ons moet ook nie bang wees om na Hom te roep en 'n verhouding met Hom aan te gaan nie.


God se grootheid kan moeilik wees om mee rekening te hou, asook sy aandag aan elke klein deeltjie van ons lewens. Hoe kan so 'n magtige wese so besorg wees oor die skynbaar onbenullighede van ons lewens? Dis omdat Hy so oneindig vir ons omgee. En daarom moet ons toelaat dat sy verterende vuur sterk in ons harte vlam.


Hy is Esh Oklah, 'n verterende vuur, maar 'n vuur gevul met genade en geduld en deernis. Hy trek ons na Hom toe met die doel om Hom eerste te stel in ons harte, verstand en siel. En te midde van die vuur kweek Hy liefde in ons harte.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Six Days Of The Names Of God

Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul be...

More

Baie dankie aan The Urban Alternative en Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid