Leesplan inligting

Ses Dae van die Name van GodVoorbeeld

Six Days Of The Names Of God

DAG 2 VAN 6

DAG 2: ELOHE CHASEDDI – GOD VAN GENADE


Die lewe waarborg nie altyd vir ons tweede kanse nie. Daar is tye wanneer ons swak besluite — harde woorde wat vir 'n vriend gesê word, foute wat by die werk gemaak word, lewenskeuses wat ongesond is — ons iets kos. Ons verloor die vriendskap. Ons word uit ons werk ontslaan. Ons gesondheid ly daaronder. Selfs as ons van gesindheid verander, is daar geen waarborg dat alles sal regkom nie.


God se genade gee ons egter tweede kans na tweede kans. Elohe Chaseddi — God van genade — oorlaai ons met vergifnis en oorspoel ons met goedertierenheid. Hy is altyd eerlik. Altyd genadig. Altyd deernisvol. As ons Hom liefhet en Hom vra vir vergifnis, gee Hy dit. Altyd.


Omdat Hy 'n God van genade is, kan ons onbevrees lewe. Ons het altyd toegang tot die gemoedsrus en vrede van hart wat Hy so vrylik in oorvloed gee. Hy belowe om altyd by ons te wees en ons deur elke moeilike situasie en elke moeilike tydperk te dra. Selfs wanneer die foute deur ons eie toedoen is, is Hy vir ewig bereid om vergifnis aan 'n berouvolle hart te skenk.


In plaas daarvan om ons oor gister te bekommer, wil God hê dat ons op vandag moet fokus. Hoe kan ons Hom vandag dien? Watter planne het Hy vir ons om vandag te bereik? Hoe kan ons Hom vandag met ander deel? Dit is die wonder van genade — tweede kanse, vorentoe kyk, met die fokus op die toekoms wat Hy vir ons het.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Six Days Of The Names Of God

Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul be...

More

Baie dankie aan The Urban Alternative en Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid