Leesplan inligting

Ses Dae van die Name van GodVoorbeeld

Six Days Of The Names Of God

DAG 3 VAN 6

DAG 3: JEHOVAH JIREH – DIE HERE SAL VOORSIEN 


Jy is onseker oor hoe jy hierdie maand jou rekeninge gaan betaal. Die toestand van jou verhouding hang in die lug. Jy het gehoor dat besnoeiings by die werk kom, en jou posisie by die maatskappy is onseker. Wanneer die noodsaaklikhede van die lewe op die spel is — gesondheid, finansies, skuiling, kos, gesin, werk — is dit natuurlik om beangs te voel asof jy nêrens het om heen te draai nie. Dit is wanneer jy moet aanklop by Jehovah Jireh. Hierdie geseënde naam van God beteken "die Here sal voorsien," en dit is 'n Naam gevul met krag en mag.


Wanneer ons bang voel oor ons toekoms, is dit lewensbelangrik dat ons na God draai en sy Naam aanroep. Elke goeie en volmaakte geskenk kom van Hom, en daar is geen beperking op die gawes en seëninge wat Hy voorsien nie. Om ons geloof in Hom te plaas kan soms die enigste manier wees om ons vrese stil te maak en 'n positiewe ingesteldheid te handhaaf.


Dit kan 'n moeilike les wees om te leer, maar beproewinge hier op aarde versterk ons geestelike spiere en trek ons nader aan God. Deur ons worstelinge wys Hy ons eerstehands hoe Hy lug voorsien vir ons longe om asem te haal en lig vir ons oë om te sien. Hy gee vir ons presies wat ons nodig het om die grootste groei in ons te produseer, en die mees verreikende impak in sy koninkryk te hê. En Hy gee dit altyd met 'n gees van liefde.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Six Days Of The Names Of God

Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul be...

More

Baie dankie aan The Urban Alternative en Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid