Leesplan inligting

Ses Dae van die Name van GodVoorbeeld

Six Days Of The Names Of God

DAG 1 VAN 6

DAG 1: EL EMUNAH – DIE GETROUE GOD


Ons hou daarvan om te dink ons is getroue mense. Ons kom betyds by die werk (wel, gewoonlik) en doen ons werk met ywer. Ons maak tyd vir familie en vriende. Ons is betrokke by ons kerk en gee ons naam op vir komitees en vrywilliger geleenthede. Dit maak egter nie saak hoe hard ons probeer om getrou te wees nie, ons is nie perfek nie. Ons gaan noodwendig êrens 'n vergadering mis, of 'n kind se rugbywedstryd misloop, of van daardie vrywilliger opdrag vergeet.


Omdat ons nie altyd getroue mense kan wees nie, is dit gerusstellend om te weet dat ons 'n getroue God dien. Sy naam El Emunah beteken “die getroue God,” en daar kan altyd op Hom gereken word om op te daag, sy moue op te rol en aan die werk te spring in ons lewens. Kom altyd sy beloftes na? Ja. Hoor altyd ons gebede? Ja. Bly altyd by ons? Ja.


Dinge gebeur in ons lewens wat ons verhoed om volkome getrou aan ander te wees. Omdat ons menslik is, is die versoeking daar om keuses te maak gegrond op ons eie selfbehoud, selfsug en hebsug. Dis heel eenvoudig, ons kan nie heeltyd perfek wees nie. Wanneer ons nie opdaag nie, doen God dit. Hy lei ons sagkens terug na die werk wat Hy spesiaal vir ons het om te doen — die werk om getrou te wees en vir ander op te daag. Wanneer ons ons na sy volmaaktheid wend in ons tye van onvolmaaktheid, verander sy getrouheid ons.


As jy hierdie oordenking betekenisvol gevind het wil ons vir jou 'n aflaaibare preek as geskenk aanbied oor die naam "Jehovah Jireh". Vra jou volledige preek deur Tony Evans hier aan


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Six Days Of The Names Of God

Deur die vele name van God het Hy aspekte van sy karakter en sy natuur aan ons geopenbaar. Behalwe vir Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons in die Bybel verder meer as 80 ander name van God. Hier word ses name en hul be...

More

Baie dankie aan The Urban Alternative en Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid