Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 8 VAN 8

Met die vroue se aankoms teen sonsopkoms by die ou begraafplaas, het hulle nie 'n koue, geseëlde graf gevind nie, maar 'n engel wat in die oggendson ontspan teen die weggerolde steen!



En wat was die engel se woorde?



"Moenie bang wees nie!"



Kom ons gaan terug in tyd, ongeveer 33 jaar voor hierdie opstandingsdag, toe 'n engel uit die hemel gestuur is om die geboorte van Jesus aan te kondig. Wat het die engel gesê?



"Moenie bang wees nie!"



Wanneer God in ons lewens opdaag, kom Hy om alle vrees weg te neem. Jesus het gelewe en gesterwe om jou vrees te hanteer! As jy deur vrees vasgevang is, word vandag bevry deur die Verlosser wat nie deur die dood vasgehou kon word nie!



Die geseëlde graf daardie Paassondag, is nie oopgemaak om Jesus uit te laat nie, maar om die aanbiddende vroue te laat inkom. Die vroue het beide vrees en vreugde ervaar terwyl hulle feesvierende van die graf af weggehardloop het. Hulle was die eerste persone wat opdrag gekry het om die evangelie te gaan verkondig.



Laat jou vreugde altyd groter wees as jou vrees! Niks in jou lewe behoort sterker te wees as sy vreugde nie. Die vreugde wat die vroue op daardie sabbatdag ervaar het, het hulle in aanbidding laat neerval.



Met die nuus, het sommige van die dissipels begin aanbid en ander het getwyfel. Dissipels moet vandag dieselfde keuse maak. Gaan jy aanbid of gaan jy twyfel?



Sal jy in aanbidding neerval of vrees die oorhand laat kry?



Die krag en gesag wat Paasfees aankondig, behoort ons te dwing om dissipels van alle mense te gaan maak. As jy eers gehoor het ... moet jy gaan vertel! God se wil vir jou en my lewe, is om in ons persoonlike wêrelde, dissipels te maak.



Die waarheid van die opstandingsverhaal is dat Hy regtig by jou is. Hy sal by jou wees in al jou môres. Ons word uitgestuur met die grootste opdrag in die geskiedenis en word verseker van die Grootste Teenwoordigheid wat ooit op aarde of in die hemel geleef het.



"Hosanna!"



Kopiereg 2013 deur Carol McLeod, alle regte voorbehou en sy is die stigter van Just Joy Ministries. Hul missie is om vroue van alle vlakke in die samelewing te inspireer om dieper in die Bybel te delf en in hul persoonlike verhouding met die Here te groei. Meer inligting is beskikbaar by www.justjoyMinistries.com.
Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid