Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 1 VAN 8

“Hosanna!” was die woord waarmee die mees plofbare sewe dae van alle tye begin het. Nooit sal daar ooit weer 'n week, of 'n woord, in die geskiedenis wees wat so 'n geweldige invloed op ons alledaagse lewe sou hê nie.



Dit was die week van die Pasga en in Jerusalem het byna 2,5 miljoen mense die strate van die ou stad verdring. Alle volwasse Joodse mans was verplig om drie keer per jaar na Jerusalem toe te gaan en Pasga was een van hulle. Wat 'n week was dit nie om 'n Koning bekend te stel nie!



Terwyl Jesus op 'n donkie deur die oorvol strate gery het, het die skare hulle mantels op die pad voor Hom neergegooi. Dit was so gepas, want deur die geskiedenis het 'n nasie sy seëvierende koning so tuis verwelkom nadat hy 'n oorlog gewen het.



Hierdie uitbundige skare het ook takke van bome langs die pad afgesny en dit op die pad voor die Koning op sy donkie gegooi. Hulle het die takke bo hulle koppe geswaai terwyl hulle uitroep: "Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste!"



Hierdie mense was aanbidders! Hulle het verklaar: "Alles wat ons het is U s'n, Jesus!"



Is jy 'n aanbidder?



Wanneer Jesus in jou lewe kom, ons Jerusalem, moet ons met heelhartige gehoorsaamheid en opregte lofprysing reageer. Ons moet 'n ervaring van aanbidding hê wat so dinamies is dat ons ons gemak en tradisie opoffer.



Het Jesus Christus se teenwoordigheid 'n beroering in jou lewe kom maak? Het jy op sy triomftog met roekelose oorgawe van ware aanbidding gereageer?



As 'n mens met die Koningskap van Jesus Christus gekonfronteer word, is baie van ons huiwerig om ons aanbiddingstyl te verander. 'n Ware ervaring met die Seun van God behoort 'n uitlewing van aanbidding te veroorsaak wat verder gaan ... baie verder ... as die normale struktuur van aanvaarbare aanbidding.



Terwyl ons ons harte en lewens voorberei vir sy dood en opstanding, moet ons eerstens saam met die stemme van die verlede, in passie en opregtheid, verklaar: "Hosanna in die hoogste!"



Kopiereg 2013 deur Carol McLeod, alle regte voorbehou. Carol McLeod is die stigter van "Just Joy Ministries", en dis haar roeping om vroue van alle vlakke in die samelewing te inspireer en te help om dieper in die Bybel te delf, en te groei in hulle persoonlike verhouding met die Here. Meer inligting is beskikbaar by www.JustJoyMinistries.com.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid