Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 2 VAN 8

Jesus het mense liefgehad. Hy het die siekes en die kreupeles ... die prostitute en die kinders, liefgehad. Jesus het sy span broers liefgehad ... die 12 wie se lewe so 'n wesenlike deel van Hom geword het.



Jesus het ook 'n spesifieke gesin liefgehad wat saam met Hom feesgevier het, Hom dikwels versorg het terwyl Hy op reis was en saam met wie Jesus gehuil het, die dag toe Hy die broer, Lasarus, uit die dood opgewek het.



Dis te verstane dat Jesus van sy laaste ure op aarde saam met geliefde vriende, wat vir Hom soos familie was, deurgebring het. Hierdie oomblikke was onuitspreeklik kosbaar en Hy het met liefde na hulle gekyk, dié wie se name binnekort nie net op sy hart nie, maar ook in sy hande geskryf sou word.



Terwyl hulle een aand tydens die laaste week van Jesus se lewe op aarde saam geëet het, het die vrou wat so baie tyd aan Jesus se voete deurgebring het, met 'n familie erfstuk in haar hande na Jesus toe gekom.



Maria het dikwels met verwondering aan Jesus se voete gesit terwyl sy na sy woorde geluister het; sy het in haar donkerste uur aan die voete van Jesus gesit, in die geloof dat Jesus 'n wonderwerk sou verrig; en nou gee sy mildelik aan sy voete wat binnekort bebloed sou wees.



Maria het die albaste fles gebreek en die duur, welriekende parfuum oor Jesus se kop uitgegooi. Die inhoud van die houer was 'n hele jaar se salaris werd en tog het Maria dit kwistig oor die liggaam van haar Verlosser gegiet.



Jesus sou as 'n misdadiger sterf; net misdadigers se liggame is na die dood weerhou van die gebruiklike speserye en parfuum. Maria se enkele daad van liefde het Hom gered van die skande van 'n misdadiger se dood. Hierdie een, stil vrou was so vol toewyding en liefde, dat sy geen offer aan Jesus te groot geag het nie.



Sal jy hierdie week innige tyd saam met Jesus deurbring? Sal jy toelaat dat jou aanbidding oorgaan in oordadige offergawes, terwyl jy oor die prys nadink wat Hy vir jou lewe betaal het?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid