Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 6 VAN 8

Voor sy kruisiging is Jesus gegesel. Romeinse soldate het sy bolyf ontbloot en sy hande aan 'n pilaar vasgemaak. Hy is gedwing om vooroor te buig sodat sy ruggraat sigbaar was. Jesus is toe met 'n sweep geslaan wat drie leerrieme gehad het waaraan klein stukkies been en metaal aan 'n ketting vasgemaak was.



Voor die doodstraf is 'n gevangene altyd gegesel of met 'n sweep geslaan, sodat hy swak was en gou aan die kruis sou sterf. Jesus se geweldadige geseling het die vel van sy lyf afgeskeur sodat 'n mens die been kon sien. Baie slagoffers is nog voor hulle gekruisig was dood as gevolg daarvan. Baie is verlam en min was nog by hulle bewussyn na die vreeslike straf.



Na die slanery het die uitjouery gekom. Die soldate het die Seun van God, die Skepper, meedoënloos en wreedaardig gespot.



Jesus se marteling was genadeloos en as gevolg daarvan, was Hy te swak om sy eie kruis te dra. Toe Hy die kruin van Golgota bereik het, was daar min lewe in sy kosbare liggaam oor.



Die Man wat tafels omgekeer het ... klein kindertjies op sy skoot getel het ... storms stilgemaak het ... en dooies opgewek het ... was nou bebloed in 'n doodstryd. Sy longe het gesukkel om nog een asemteug te neem en sy oë was glaserig van die geweldige pyn. Ek wonder of die wagte kon hoor hoe die Verlosser na asem gesnak het. Sy ma, wat sy eerste asemteug beleef het, het nou gehoor hoe Hy sy laaste asem uitblaas. Sy het geglimlag oor sy eerste geluidjies, en nou moes sy aanhoor hoe Hy uitroep van pyn.



Hy kon op daardie oomblik 10 000 engele roep. Hulle sou Hom kom red het!



Hy kon van die kruis afgekom het, maar Hy het gekies om dit nie te doen nie! Hy het gekies om sy krag te bedwing. Hoekom? Hoekom het Hy homself nie van die vreeslike gespot en uit die ondraaglike situasie gered nie?



Hy het daar vir jou onthalwe gebly ... want JY was die vreugde wat Hy in die vooruitsig gehad het. Jy was in sy gedagtes terwyl Hy aan die kruis gehang het.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid