Leesplan inligting

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

DAG 3 VAN 8

Die onbeantwoorde vraag, "Hoekom?!" weerklink in my siel as ek die tragiese verhaal van Judas se verraad teenoor Jesus lees.



Hoekom?



Judas het drie jaar saam met Jesus geleef! Hy het gesien hoe Hy mense genees, gebroke lewens heelmaak en dooies opwek. Judas het die evangelie van liefde gehoor.



Hoekom?



Judas het saam met Jesus gelag en sy lewe gedeel. Judas het die wonderwerke gesien met die vermeerdering van broodjies en visse ... hy het gesien hoe 'n woeste see kalm geword het ... hy het gesien hoe demone vlug by die aanhoor van die stem van die Een wat verklaar het: "Laat daar lig wees!"



Hoekom?



Het Judas ooit 'n hart gehad?!



Judas is na die priesterhoofde toe ... hulle het nie na hom toe gekom nie. Hy het na hulle gegaan.



Ek het nog altyd gewonder of Judas Jesus verraai het as gevolg van sy eie verslawing. Ek wonder of Judas verplig gevoel het om Jesus aan moordenaars uit te verkoop, weens iets wat hy nie kon oorkom nie.



Judas was in beheer van die finansies en dit was bekend onder die dissipels dat Judas dikwels geld gesteel het wat veronderstel was om uitgedeel te word. Ons weet nie of die dissipels of Jesus hom daaroor gekonfronteer het nie. Wat ons wel weet, is dat Judas 'n verslawing gehad het wat nooit behoorlik aangespreek is nie.



Judas kon sy swakheid na Jesus toe geneem het! Hy kon sy sonde bely, om vergifnis vra en vir krag gevra het. In plaas daarvan het die verraderlike, dodelike verslawing geheim gebly en is Judas se vermoë om in geloof en nie in sig te lewe nie, heeltemal oorweldig.



Jy het Jesus dalk nie vir vir 30 silwerstukke verkoop nie, maar jou verslawings en lewenskwessies sal veroorsaak dat jy verkeerde keuses maak. Jy sal dinge doen waaroor jy skaam sal wees en jou op 'n afdraende pad van selfverwyt en skuld sal lei.



Die duiwel sal jou swakheid vir eie gewin gebruik. Hy het dit met Judas gedoen en hy sal dit met jou ook doen.



Dalk is dit tyd vir jou om 'n besluit te neem wat Judas nooit geneem het nie ... gaan na Jesus toe. Vra Hom om vergifnis en krag. Jy sal verbaas wees hoe dit die einde van jou verhaal sal verander!
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional

Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmson...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid