Leesplan inligting

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAG 3 VAN 43




Ons Lewende Hoop In 'n Vreemde Land

Lees: 1 Petrus 1:1-5

SOAP: 1 Petrus 1:3-4

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

Oordenking

Maak nie saak wat ons vandag in die gesig staar nie, of dit nou beproewings is wat ons harte soos ankers op die seebodem laat vasslaan, of berge van bekommernis wat onbeweeglik lyk ten spyte van ons volharding in geloof, ons kan nie vergeet wat ons het as gevolg van Jesus Christus nie. As gevolg van Christus het ons 'n nuwe geboorte in ’n lewende hoop ontvang — 'n hoop wat nooit vervaag of eindig nie, maar met elke verbygaande dag helderder en helderder word.

Wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem, word ons identiteit getransformeer (2 Korintiërs 5:17), en ons hoop berus nie meer op die veranderende konsepte van hierdie wêreld nie. In plaas daarvan berus ons vertroue op wat God vir ons gedoen het deur Jesus Christus se dood, begrafnis en opstanding. God gun ons, in sy ongelooflike liefde, die voorreg om sy kinders en mede-erfgename met Christus te wees (Romeine 8:17). Wat 'n ongelooflike erfenis het ons om na uit te sien! Terwyl ons deur hierdie lewe stap, is dit belangrik om te onthou dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. Ons is soos vreemdelinge in 'n vreemde land.

Hierdie waarheid is nie net vertroostend nie; dit is bemagtigend. God het, in sy onfeilbare genade en deur die werk van die Heilige Gees in ons lewens, aan ons die krag gegee — en sal daagliks aan ons bly gee —om getrou te bly aan ons geloof, maak nie saak watter storms, beproewings of vervolgings mag kom nie. Ons weet God belowe nie 'n lewe sonder probleme nie, maar Hy verseker ons van sy hulp om daardeur te volhard. Ons is geanker, nie deur ons krag nie, maar deur sy liefde.

So, liewe vriend(in), wanneer die druk van die lewe swaar op jou skouers weeg, lig jou oë op en kyk na Christus. Onthou die lewende hoop wat ons in Hom het. Terwyl die wêreld steeds om ons draai, onthou dat ons toekoms veilig en onverganklik is, maak nie saak wat oor ons pad kom nie. Kom ons hou vas aan hierdie lewende hoop, terwyl ons voortgaan om die uitdagings van vandag te trotseer. Onthou, ons is net reisigers wat deur hierdie wêreld beweeg na ons ewige tuiste (Filippense 3:20). Laat die hoop om vir ewig saam met Jesus in die hemel te wees, ons volharding aanwakker terwyl ons wag op sy glorieryke wederkoms.

Gebed

Liewe Here Jesus, dankie vir die lewende hoop wat ons as gevolg van U het. Help ons om ons oë te vestig op die ewige erfenis wat ons by U het. Bemagtig ons asseblief om getrou en met vrymoedigheid as vreemdelinge in hierdie vreemde land te wandel terwyl ons gretig wag op die dag wanneer ons met U verenig word in ons ewige tuiste. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid