Leesplan inligting

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons Bybelstudie: Oorwinning oor beproewings

Die lewe kan ‘n groter uitdaging wees as wat ons verwag. Dit voel of die een probleem na die ander opduik. Hoop kan buite bereik voel en bedrog skuil om elke hoek en draai.

Net soos ons, moes die apostel Petrus ook moeilike dae die hoof bied. Hy het dreigemente in die gesig gestaar, gevangenskap verduur, fisieke leed gely, en vals beskuldigings trotseer. En tog, deur alles heen, het hy standvastig gebly. Hoe? Want hy het die kuns van volharding aangeleer, selfs toe tye donker was. Onder daardie moeilike omstandighede het Petrus geweet dat hy sy lewe aan Jesus moes anker en nie toelaat dat veranderende winde hom van koers dryf nie.

In “Oorwinning oor beproewings” gaan ons die boeke van 1 en 2 Petrus bestudeer. Hierdie briewe is vandag nog net so relevant as toe Petrus dit geskryf het, en is ‘n onontbeerlike kompas om die lewe in hierdie moeilike tye te navigeer.

Petrus moedig die vroeë Christene, en ook vir ons aan, om vas te staan in die Woord van God. Hy deel woorde van wysheid, onwrikbare hoop en wys hoe ons ook ‘n oorwinnende lewe kan leef wat God eer.

Sluit by ons aan vir hierdie studie met ons ooreenstemmende joernaal of digitale bronnebundel en ons Love God Greatly-toepassing. Daar is nog inhoud oor Oorwinning oor beproewings aanlyn beskikbaar, wat webjoernale en gemeenskapsgroepe insluit. Saam word daar dieper in die Woord van God gedelf en kan ons leer om in oorwinning te leef te midde van beproewings en swaarkry.

Hier by Love God Greatly (Afrikaans) gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

Inleiding

Wie was Petrus?

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus" (1 Petrus 5:1). Petrus, wat eens op ‘n tyd 'n eenvoudige visserman was, het 'n sleutel leier in die vroeë Christelike kerk geword. Daar word dikwels na hom verwys as die “rots” waarop Jesus sy kerk gebou het (Matteus 16:18). Petrus het die lewe saam met Jesus geleef. Hy het Christus se wonderwerke eerstehands ervaar en is toevertrou met die sleutels tot die koninkryk. Petrus het die hoogte- en laagtepunte van die navolging van Christus aanskou. Deur sy briewe herinner Petrus ons daaraan dat ons ook uitverkies, geliefd en geroep is tot 'n doel bo ons begrip. As jy al ooit onvolmaak gevoel het of foute in jou Christelike lewenswandel gemaak het, sal jy ’n verwante sielsgenoot in Petrus vind. Hy het ook sy oomblikke van twyfel en ontkennings gehad, maar hy was nog steeds innig geliefd en op buitengewone maniere deur God gebruik, en jy kan ook wees.

Die doel van die briewe

Petrus het hierdie briewe geskryf met die inspirasie van die Heilige Gees, tydens uitdagende tye vir vroeë Christene. Vervolging was aan die toeneem en gelowiges het toenemende druk van die samelewing ondervind. Valse leraars het ook probeer om die kerk te verdeel en op 'n dwaalspoor te lei. Deur sy twee briewe het Petrus probeer om die vroeë Christene aan te moedig en op te bou, hulle te herinner aan hulle goddelike roeping en leiding te bied in die navigasie van die stryd en beproewings wat hulle in die gesig gestaar het.

1ste Petrus

Hierdie brief is 'n opregte boodskap van hoop en veerkragtigheid. Petrus praat oor ons hemelse erfenis, die belangrikheid daarvan om vas te staan in geloof te midde van lyding en die rol wat elke gelowige het in die groot tapisserie van God se koninkryk. Jy sal temas vind van blywende liefde, genade en die transformerende krag van Christus se offer.

2de Petrus

In Petrus se tweede brief beklemtoon hy die belangrikheid van onderskeidingsvermoë en om gegrond te bly in die waarheid. Hy waarsku teen dwaalleraars en herinner gelowiges om te groei in hul kennis en verhouding met Jesus. Hierdie brief is 'n oproep tot aksie wat ons aanspoor om vas te staan, dieper in ons geloof te groei en altyd gereed te wees vir Christus se wederkoms.

Hoewel dit eeue gelede geskryf is, spreek beide briewe steeds tot ons hedendaagse uitdagings en stryd en bied hoop. Hulle is 'n herinnering aan God se blywende liefde, die belangrikheid van standvastige geloof en die belofte van die ewige lewe.

Vandag, selfs terwyl die samelewing verander en uitdagings die hoogte in skiet, bly Petrus se insigte 'n standvastige anker wat ons deur ons geloofsreis lei. So, liewe vriend(in), kom ons delf diep in die hart van Petrus se briewe in terwyl ons hierdie 6-week lange studie aanpak. Kom ons ontdek saam die transformerende krag van die Woord van God terwyl ons dit in ons lewens uitleef.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid