Leesplan inligting

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAG 5 VAN 43




Afgesonder In Liefde

Lees: 1 Petrus 1:13-16

SOAP: 1 Petrus 1:14-16

As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: "Wees heilig, want Ek is heilig."

Oordenking

Die wete dat Jesus terugkom, behoort ons te motiveer om die dae wat ons gegun word, doelbewus vir Hom te lewe. Om dit prakties uit te leef, beteken om geestelik bedag te wees op hierdie diepgaande waarheid. Dit beteken om nie in vrees te leef nie, maar ook nie onverskillig te leef asof sy terugkeer onbelangrik is nie.

Terwyl die samelewing dikwels huiwer en debatteer oor wat reg of verkeerd is, wat moreel of immoreel is, kan ons as volgelinge van Christus staande bly. Christus self het die standaard van moraliteit vir ons gestel. Dis nie vir ons om te kies nie. Petrus se boodskappe aan die vroeë kerk is dus vandag net so relevant vir ons as vir hulle: moenie toegee aan die bose begeertes wat jou eens versoek het nie. Hoewel ons almal as Christene konstant met versoeking sal worstel, kan ons daardie drange weerstaan deur Christus wat in ons is (Romeine 6:14). Christus is die rede waarom ons nie meer slawe van ons vorige sondige weë is nie. Christus is die rede waarom ons meer as oorwinnaars is (Romeine 8:37-39).

Hierdie waarheid maak dat Petrus ons kan aanmoedig om heilig te wees soos God heilig is. Dat God wil hê ons moet "heilig" wees is ‘n uiters hoë roeping. Hy begeer dat ons moet toeneem in ons toewyding aan Hom, sowel as ons liefde vir ander mense. Hy begeer dat ons ons lewens afgesonderd moet leef, in gehoorsaamheid aan Hom, en verwyderd van die wêreld se sondes van selfsug en trots. Hy begeer dat ons Hom moet liefhê, gehoorsaam en eer, omdat Hy ons eerste liefgehad het en sy Seun vir ons gegee het.

Ons sal spoedig besef dat ons nie in staat is om Hom lief te hê of te gehoorsaam soos ons veronderstel is nie. Dit is egter belangrik om onsself daaraan te herinner dat ons nooit alleen is op hierdie reis nie. Die Heilige Gees sal ons in staat stel, lei, oortuig en wysheid gee wanneer ons op God se genade vertrou en op sy krag staatmaak. Laat ons elke dag vir God vra om ons met sy liefde te vul, sodat sy pragtige beeld al hoe helderder in ons lewens weerspieël sal word. Jesus verlang dat ons Hom meer en meer moet ken en in volkome afhanklikheid van sy krag wat in ons werk, lewe. En terwyl ons dit doen, verlang ons na die dag wanneer ons uiteindelik heilig en van aangesig tot aangesig by ons Verlosser sal wees.

Wanneer vorige sondes probeer insluip of huidige versoekings jou beproef, herinner jouself daaraan om nader aan Jesus te leun. Dit is sy krag, nie ons s'n nie, wat die oorwinning bring.

Gebed

Liewe Heer, help ons om lewens te lei wat vir U afgesonder is, gemotiveer deur ons diep en blywende liefde. Terwyl ons met vreugde Jesus se wederkoms verwag, bemagtig ons met u krag en genade om lewens te lei wat Christus aan diegene rondom ons weerspieël. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid