Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 6 VAN 7


Verskeie "stemme" wat ons onderskei

Ons hét die vermoë om God te hoor en deur sy Heilige Gees gelei te word. God herinner ons telkens aan wie Hy is en wie ons is.

Johannes, ook bekend as die liefdesapostel, beskryf die omgewing waarin ons leef en bedien so:

"So bereik die liefdevolle God sy doel met ons: ons kan die oordeelsdag met vrymoedigheid, sonder om bang te wees, tegemoet stap. In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n. Waar daar liefde heers, is daar nie plek vir vrees nie, veral nie vrees vir God se finale oordeel nie. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom" 1 Johannes 4:17-18 (DB).

Skrifgedeeltes soos hierdie, help ons om agter te kom hoe God "klink". Paulus sit hierdie liefde duidelik uiteen:

"Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie ... 1 Korintiërs 13:4-8.

Ons word dus aangemoedig:

"Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is" 1 Johannes 4:1.

As gelowige kan jy die stem van die Here onderskei omdat jy deur sy Heilige Gees gelei word. God se aard is liefde en daarom sal enige openbaring wat van Hom af kom, met daardie werklikheid deurdrenk wees. Ons is ook bewus dat daar ander invloede om ons is, selfs interne stemme in ons lewens, wat om ons aandag kompeteer.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid