Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 3 VAN 7


Jou oorspronklike ontwerp

Die geskiedenis het bewys dat God ’n briljante en gewillige kommunikeerder is. Hy is nooit tevrede met ’n eensydige monoloog nie. Hy geniet ’n goeie dialoog. Christus het die weg gebaan sodat ons met die Vader ’n intieme verhouding kan hê. God se gunsteling onderwerp van bespreking is inderdaad Christus; Hy wil graag met elkeen van ons praat oor hoe ons in Hom leef en Hy in ons. Dit stel jou en in staat om ’n lewe te hê wat ons wildste verwagtinge oortref.

Jesus verduidelik dit so in Johannes se evangelie:

"Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie” Johannes 10:1-5.

Hierdie Skrifgedeelte bevestig dat ons elkeen ontwerp is om Hom te hoor. Jou gees herken sy leiding. Soos jy in 'n verhouding met Hom groei, hoe makliker herken jy sy stem. Om God se stem te hoor is nie slegs bedoel vir die paar spesiale heiliges in ons midde wat nooit ’n voet verkeerd sit nie. Hierdie basiese vermoë is vir elke gelowige bedoel.

Spreuke 3:5-6 verskaf geweldige insig in hierdie verband:

"Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen."

Die skrywer onderskei hier tussen jou eie insig en die wysheid van die Here. In 1 Korintiërs 2 het Paulus heelwat te sê in hierdie verband. Hy herinner ons daaraan dat slegs die Heilige Gees weet wat in Christus se gedagtes aangaan. Maar, dan herinner hy ons ook daaraan dat ons juis toegang het tot God se gedagtes deur ’n persoonlike verhouding met Hom. Dit is die beste nuus ooit, nie waar nie!?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid