Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 5 VAN 7


God gesels met ons deur ander mense

Ons ontvang hierdie lewe deur ’n intieme, persoonlike verhouding met God. Die Heilige Gees wil ons graag in die volheid daarvan inlei. Namate ons sy waarheid oor ons self begin ontdek, begeer ons om sy waarheid ook aan ander om ons bekend te maak.

Paulus verwys na hierdie begeerte wanneer hy die gelowiges in Korinte bemoedig:

"Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees, veral oor die gawe om te profeteer" 1 Korintiërs 14:1 (NLV).

Profesie is die bonatuurlike uitdrukking onder die inspirasie van die Heilige Gees waardeur Christus, deur sy gemeente, sy hart en gedagtes bekendmaak oor ’n persoon, situasie of groep mense. Natuurlik, omdat Christus die volmaakte uitdrukking van God se liefde vir die mens kom gee het, weet ons dat liefde en profesie onmoontlik van mekaar geskei kan word.

Liefde is natuurlik ook tasbaar. Dit lyk soos iets. Wanneer die Heilige Gees die liefde van God in ons harte uitgiet (Romeine 5:5b), het ons God lief, asook die mense wat Hy geskape het. Dit gee ons ’n diep begeerte om sy liefde met ander te deel. Van hierdie vertrekpunt af, moedig Paulus ons aan om God se hart en gedagtes aan die mense om ons bekend te maak. Hy sal ons nie aanmoedig om iets te doen wat ons nie die vermoë het om te doen nie. Hy herinner ons daaraan dat ons God se stem kan uitken en daarop behoort te reageer. Dan herinner Hy ons ook aan die vermoëns wat ons reeds ontvang het. Hy moedig ons aan om daardie gawes te gebruik en daardeur die begeerte uit te leef om God se hart aan ander bekend te maak. Hy nooi ons ook uit om in geloof uit te gaan en daardie gawes te ontwikkel. Soos ons reageer op die leiding van die Heilige Gees in ons daaglikse lewe, groei ons vertroue om sy stem te herken.

Liefde bly die konteks waarbinne ons namens God met ander gesels:

"Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou, bemoedig en vertroos" 1 Korinthiërs 14:3.

Wanneer ons mekaar met die gawe van profesie bedien, begeer ons die beste van God ook vir ander. Ons vertrou nie op ons eie insigte oor ander mense nie, maar ons vra God wat sy opinie oor die individu voor ons is. Hy weet immers die beste. Hy het daardie persoon geskape. Ons sien en bedien hulle vanuit die oortuiging van wie hulle in Hom is.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid