Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 2 VAN 7


Christus is geopenbaar …

Ons neem daagliks oneindig baie besluite. Hierdie gedagte op sigself kan ons oorweldig. Dit verklap waarom dit so maklik is om in ons eie klein wêreldjies vasgevang te word. Dit skep soms die valse indruk dat Jesus wag om ons elke wens waar te maak. Ons vergeet soms dat ons deel is van ’n veel groter verhaal waarin Christus – wie Hy is en wat Hy gedoen het – die middelpunt van ons bestaan is.

Die meeste van ons bou ’n verhouding met die Here sodat Hy dan al ons vrae kan beantwoord en ons behoeftes kan hanteer. In plaas daarvan het ons die voorreg om die mees fassinerende Persoon in hemel en op aarde te leer ken. Hebreërs 11 herinner ons aan die verhale van gelowiges wat Jesus persoonlik leer ken het en buitengewone lewens geleef het omdat hul Hom altyd voor oë gehou het. Die waarheid is, ons word wie ons aanskou.

Paulus verduidelik dit so mooi

"Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is" 2 Korintiërs 3:18.

God se wil word duideliker namate ons Hom beter leer ken. Efesiërs 1:11b (NLV) verduidelik dit so: "Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het." Ons vind ons identiteit in Hom. Christus is die fokus. Hy is die prototipe van die Mens. Hy is ons wegspringpunt in die lewe. Hy is die Vader se gunsteling onderwerp van bespreking.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid