Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 4 VAN 7


Bemeester jou woordeskat

Vir enige aardse verhouding om te blom, is voortdurende kommunikasie noodsaaklik. Op dieselfde manier vereis ons verhouding met God voortgesette kommunikasie. Om God se stem te uit te ken, is minder uitdagend as ons ’n ware begeerte het om Hom te leer ken vir wie Hy is, eerder as net vir dit wat Hy vir ons kan doen.

Die Psalmdigter herinner ons aan hierdie werklikheid:

"Slagoffers of graanoffers wil U nie hê nie. U het my in staat gestel om te luister. Brandoffers of sonde-offers het U nie nodig nie" Psalm 40:7 (NLV).

Dawid duidelik verder:

"U is die bron van lewe, deur u lig lewe ons" Psalm 36:10.

Hoe meer ons besef dat Hy ons net wil begelei (en nie beheer nie) en dat Hy altyd ons beste belange op die hart dra, hoe meer raak ons vertroud met sy stem en hoe makliker is dit om daarop te reageer.

Psalm 19 herinner ons aan drie van die primêre wyses waarop God met ons gesels: deur die natuur, deur die Woord en deur daardie innerlike stem van die Heilige Gees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid