Leesplan inligting

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Marriage

DAG 6 VAN 7


Tydens ons troue het ek en my bruid geluister na die pastoor wat 1 Korintiërs 13: 7 lees. "[Die liefde] bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles." Daarna het ons belowe dat ons huwelik sou hou, maar ons het die druk van die lewe, ons skedules, ons selfsugtige gewoontes en selfs hoe ons oulike kinders ons van mekaar sou wegtrek, onderskat. Selfs nou ondervind ons soms dat ons na aan mekaar leef, maar nie naby aan mekaar voel nie.

Uithou en Aanhou

Die huwelik sou maklik wees as dit nie vir hierdie "alles" was wat ons veronderstel is om te verduur nie. Spreuke 19:11 sê: "'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees."


Hoekom moet ons vergifnis kies? Ons vergewe omdat ons deur God vergewe is. Ons is lief vir die manier waarop Hy liefhet: sy liefde is 'n verbond, nie 'n kontrak nie. 'n Kontrak, in 'n sake sin, beteken dat ek slegs my deel van die kontrak moet nakom as die ander party hul deel nakom. Maar suksesvolle huwelike is gebaseer op 'n verbond: 'n lewenslange, onvoorwaardelike verbintenis om ons deel te doen, selfs as ons 'n gade moet verduur wat nie hul deel bydra nie.


Jou huwelik sal oes wat jy saai (Galasiërs 6:7). As jy nie hou van dit wat in jou huwelik groei nie, moet jy miskien kyk na watter soort saad jy geplant het.


Glo en Hoop

Het jy al ooit opgemerk dat ons geneig is om ander te oordeel na aanleiding van hul optrede, maar dat ons onsself oordeel na aanleiding van ons bedoelings? Al verskil ons van opinie, weet ek dat my vrou se bedoelings suiwer is. Hierdie kerngeloof het verhoed dat baie meningsverskille vernietigend word.


Dit maak nie saak hoe donker jou verhouding blyk te wees nie, glo onwrikbaar in jou gade se motiewe en vertrou dat God in hierdie winterseisoen saam met jou loop. Die winter maak die lente soveel mooier.


Moenie Moed Opgee Nie

Die huwelik het ons meer laat groei as wat ons ooit kon dink. Maar dit het ons ook meer tevrede gestel as wat ons ooit kon dink. Moenie moed opgee nie. Hou aan om te gee. Hou aan om te dien. As daar geen reaksie is, dien nog steeds. Liefde is 'n aksie, nie 'n gevoel nie. Liefde is onvoorwaardelik. Dit is meedoënloos, dit is volhardend, en dit is strydlustig. Veg vir die een wat jy liefhet, en hou aan om saam te bid.


Andy Knight
YouVersion Gebruikerskoppelvlak Ontwerper


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Marriage

Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? I...

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersionspan. Besoek youversion.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid