Leesplan inligting

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Marriage

DAG 1 VAN 7


Negentien jaar gelede toe ek my vrou vir die eerste keer ontmoet het, het ek nie gedink "Sjoe! Hierdie meisie is regtig lief vir die Here" nie. Nee, ek was betower deur haar donkerrooi hare en haar aansteeklike glimlag. Sy was bo my vuurmaakplek. Sy is nog steeds.


Toe ek vir die eerste ontmoeting by haar deur verskyn, was ek 'n skraal, beteuterde bleeksiel wat sprakeloos gestaan het ​​voor die mooiste meisie wat ek nog ooit ontmoet het. En om een of ander rede het sy verlief geraak op my. Jare later is ek nog steeds soms sprakeloos — nie altyd as gevolg van daardie vurige rooi hare nie, maar meer dikwels as gevolg van die vuur in haar.


Haar skoonheid het nie vervaag nie, maar ek vind myself meer en meer aangetrokke tot haar ontasbare kwaliteite — dinge soos haar liefde vir God, haar onselfsugtigheid, en haar vrygewigheid. Ek dink dit is wat Salomo bedoel het toe hy gesê het: "Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie" (Spreuke 31:30a). Ek twyfel of ek ooit na my Shelley sal kyk en nie dink sy is fisiek aantreklik nie. Oor die jare het ek egter geleer om die diepte van ware skoonheid wat agter haar fisieke vorm is, te waardeer.


Ek kan na elkeen van ons drie dogters kyk en hul ma se skoonheid sien. Meer belangrik, ek kan sien dat dieselfde mooi, goddelike karakter binne-in hulle gevorm word, wat my elke dag vooraf verlief maak op hul ma. Dis wat my die meeste trots maak as 'n man en pa. My vrou is beide 'n wonderlike geskenk en 'n waardevolle lewensmaat en ek weet dat God my dogters voorberei vir 'n toekoms waar hul waarde meer gemeet gaan word aan hul verfyning as hul voorkoms.


Dit maak nie saak op watter stadium van jou reis jy is nie, dit is nooit te laat om die regte dinge te waardeer nie. God kyk verby ons oppervlakkige voorkoms en kyk diep in ons harte. Jy kan nie agter 'n masker wegkruip of jou sjarme gebruik om guns te wen nie.


So, ja. My vrou is nog steeds bo my vuurmaakplek. Sy is vir seker meer aantreklik as wat ek is. Sy is egter soveel meer. Sy leer my en ons familie wat regte skoonheid is. Sy leer my die belangrikheid daarvan om om te gee vir die toestand van my hart. Dit is 'n prysenswaardige eienskap waaraan ek werk.

Wat doen jy om iets werklik moois in jou eie hart te kweek?


Michael Martin
YouVersion Webontwikkelaar


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Marriage

Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? I...

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersionspan. Besoek youversion.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid