Leesplan inligting

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Marriage

DAG 5 VAN 7



Die Grootste Skat

As 'n volwassene dink ek nie baie oor 'n skat nie, maar ek het toe ek 'n kind was. Dit was die moeite werd om seerowers te beveg om 'n skat te vind. Dit was die moeite werd om monsters te beveg om die skat te beskerm. 'n Skat was die hoogtepunt van 'n verbeeldingryke avontuur. Om in die Skrif te mediteer is altyd goed vir jou siel, en om gereeld oor vandag se vers (Spreuke 18:22) te dink, kan 'n groot invloed op jou huwelik hê.


As my vrou werklik my grootste skat is, word sy belangriker as dit wat ek op die TV wil kyk. Tyd saam met haar het meer waarde as "alleen-tyd." Haar behoeftes word belangriker as my eie. Hierdie vers sê egter nie dat jou vrou 'n afgod is wat bo die Here gestel moet word nie. Wat dit wel sê, is — van al die seëninge wat jou hemelse Vader jou in hierdie wêreld gee, moet jy weet dat jou vrou die grootste een is.


'n Geskenk van die Here

Voor ek my vrou se aardse pa ontmoet het, het ek gehoor dat hy 'n offisier in die lugmag is. Soos die meeste jong ouens, was ek geïntimideer deur haar pa toe ons vir die eerste keer ontmoet het, maar toe ek hom leer ken, het ons 'n gesonde respek vir mekaar ontwikkel. Hierdie respek het seker gemaak dat ek my beste voetjie voorgesit het en haar betyds huis toe geneem het na 'n afspraak.


Ek dink dit behoort dieselfde te wees as ons aan ons vrou se hemelse Vader dink. Hy gee meer om vir haar as haar aardse vader, of wat ek ooit kan. God vertrou my met die gawe om vir my vrou te sorg net soos 'n goeie man kan.

Dit is 'n insiggewende gedagte dat die alwetende, almagtige Vader sien hoe ons sy geskenk behandel. Dit laat my ineenkrimp om terug te dink aan die snydende kommentaar wat ek al gemaak het, asook my selfsugtige oomblikke.


Dit is my gebed, en ek hoop baie mans wat dit lees sal dit ook bid:

Hemelse Vader, vergewe my asseblief dat ek my vrou nie waardeer soos ek moet nie. Dankie dat U vir my so 'n wonderlike seën gegee het. Vernuwe asseblief my hart en verstand en help my om haar elke dag as my grootste skat te sien. Amen.



Brad Belyeu
YouVersion Ingenieur


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Marriage

Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? I...

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersionspan. Besoek youversion.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid