Leesplan inligting

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Die Huwelik SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Marriage

DAG 4 VAN 7


My vrou het my al op my slegste gesien. Sy ken my al vir byna 12 jaar, en ons is al vir meer as nege daarvan getroud. Al weet sy meer van my as enigiemand op aarde, weet sy niks van my in vergelyking met wat God weet nie.


God weet van al my foute en mislukkings, en Hy sien my daaglikse sonde. En tog het Hy my lief. Hy gee soveel om vir my dat Hy sy Seun vir my opgeoffer het. Christus het sy dissipels elke dag gedien — selfs toe Hy geweet het dat sommige Hom eendag sal verloën! En Hy gee daagliks genade aan my, selfs al het ek dit nie verdien nie.


Kom ons begin om ons gades beter lief te hê met hierdie drie praktiese voorbeelde van Christus se liefde vir ons:


1. Plaas jouself tweede.


As Hy sy lewe vir ons gegee het, waarom kan ons nie klein, daaglikse offers maak om ons eggenoot se gevoelens, begeertes en hoop bo ons eie te stel nie? Probeer om jou eggenoot hierdie week te laat uitgaan vir die aand, terwyl jy tuis bly en na die kinders kyk. Of, vir 'n ware uitdaging, laat jou maat volgende keer die argument wen.


2. Dien sonder verwagtinge.


Watter beter prentjie van 'n dienaar kan ons kry as die Koning van die konings wat sy dissipels se voete was (Johannes 13:3-17)? Vir ons as gades moet die beeld van Christus as 'n dienaar, vir ons 'n blywende herinnering wees. Vind maniere om jou eggenoot vandag te dien. Verras haar deur die wasgoed te doen. Kry 'n spesiale nagereg by sy gunsteling restaurant, sonder enige rede. Vind vreugde daarin om jou maat te dien — en dien hulle dan sonder om iets te verwag.


3. Toon genade.

Genade is die vrye en onverdiende guns van God. Hy het alle reg om nie ons sondes en tekortkominge te vergewe nie, en tog gee Hy genade vrylik. Eerder as om te fokus op die negatiewe gewoontes en eienskappe van jou gade, probeer daagliks om die positiewe te soek. Doen iets so eenvoudig as om elke dag een ​​ding te noem wat jy van haar waardeer. Bid elke dag vir hom. Vergewe jou eggenoot wanneer hulle verbrou het. Genade hou nie vas aan seer, woede of teleurstelling nie … genade vergewe.



Todd Dobberstein
YouVersion Produkbestuurder


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Marriage

Die Bybel sê wanneer jy 'n gade vind, jy 'n goeie ding gevind het. Hoe kan jy daardie gevoel laat aanhou? En kan jy voortgaan om nader aan mekaar te groei? Wat verg dit van 'n goddelike huwelik om sy belofte te vervul? I...

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersionspan. Besoek youversion.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid