Leesplan inligting

Geroep om te SkepVoorbeeld

Called To Create

DAG 3 VAN 5

C.S. Lewis


Wanneer ons ons werk as 'n roeping van God sien, verander dit ons motivering om iets te skep, die manier waarop ons iets skep en selfs die produkte wat ons besluit om te gebruik om mee te skep. Wanneer ons onsself onderwerp aan die plan wat God vir ons het, sal ons maniere soek om God te verheerlik en ander lief te hê deur dit wat ons skep. Die lewe van C.S. Lewis is 'n bewys hiervan. As ons in Christus bly, sal sy Heilige Gees ons oë oopmaak om te sien waar in die wêreld Hy aan die werk is en wat Hy wil hê ons moet skep.


Teen die tyd wat C.S. Lewis sy lewe aan die Here gegee het, op die ouderdom van 32, het hy alreeds 'n suksesvolle beroep gehad as akademikus en skrywer. Lewis se nuutgevonde Christelike geloof het hom nie sy werk laat verander nie, maar sy bekering het veroorsaak dat sy ingesteldheid teenoor sy werk verander het. Sy kreatiwiteit was nou 'n manier wat hy gebruik het om God te verheerlik en ander te dien. Dit het ongetwyfeld die produkte beïnvloed wat hy gekies het om te skep.


Deur middel van werke soos Mere Christianity, The Screwtape Letters, en The Four Loves, het Lewis woorde gebruik om die karakter van God te openbaar. Die beste voorbeeld vind ons in The Chronicles of Narnia, 'n reeks fantasie kinderboeke. Die hoofkarakter, 'n leeu genaamd Aslan, is 'n tipering van Christus. Hy skep 'n fantasie wêreld, Narnia, en red dit deur sy opofferende dood. 


Teenstrydig met die algemene opvatting, het Lewis, soos die meeste kultuurskeppers, homself nie in 'n kamer toegesluit tot hy met 'n idee vir 'n produk voor 'n dag gekom het wat die reddende karakter van God sou voorstel nie. Lewis het dit op ‘n keer as volg verduidelik: "Sommige mense dink dat ek myself afgevra het hoe ek iets oor Christenskap vir kinders kon sê, en dat ek toe op 'n feëverhaal besluit en inligting oor kindersielkunde nagevors het; en toe 'n lys saamgestel het van basiese Christelike waarhede en daarna "allegorië" herhalend gebruik het om dit te verpersoonlik. Dit is totale onsin. Ek kon nie op daardie manier skryf nie. Al sewe van die Narnia boeke het begin met prentjies wat ek in my kop gesien het.[The Lion, The Witch and The Wardrobe] het met 'n beeld van Faun begin waar hy 'n sambreel en pakkie dra in 'n sneeubedekte woud ... Toe eendag ... sê ek vir myself: "Kom ons probeer 'n storie daarvan maak." Eers het ek nie geweet hoe die storie sou verloop nie, maar skielik het Aslan op die toneel verskyn ... toe Hy eers daar was, het Hy die hele storie laat ontvou."


Net soos Lewis, sal ons idees vir ons produk nie kom as gevolg van 'n dinkskrum waar ons spesifiek fokus op die skepping van 'n produk wat God se karakter kan openbaar nie. Maar soos wat ons begin skep en toelaat dat "die Woord van Christus ryklik in ons woon" (Kolossense 3:16), sal ons ongetwyfeld sien hoe ons ons skeppinge kan gebruik om die karakter van ons Skepper te openbaar. As jy wil hê jou werk moet soos 'n roeping voel, moet jy toelaat dat die ware Aslan in elke aspek van jou lewe, en werk, "inspring".


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Called To Create

Ondernemingsgees en kreatiwiteit kan op 'n kragtige wyse gebruik word om God te vereer, ander lief te hê en hul aan te spoor om dissipels van Jesus Christus te word. In hierdie vyf-dag leesplan, gaan jy die Woord lees as...

More

Ons dank aan Baker Books en Jordan Raynor wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.jordanraynor.com/ctcplan/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid