Leesplan inligting

Geroep om te SkepVoorbeeld

Called To Create

DAG 1 VAN 5

Skepper God


"In die begin het God die hemel en die aarde geskep." 


Jy het dit al 'n duisend keer gehoor, maar laat hierdie waarheid net vir 'n oomblik insink. Die eerste ding wat God van Homself in die Skrif openbaar, is nie dat Hy liefdevol, heilig, almagtig, genadig of regverdig is nie. Nee, die eerste ding wat God aan ons by die aanvang van tyd openbaar, is dat Hy Skepper God is! 


Gedurende die eerste ses dae het God, deur te spreek, sy skeppende gees openbaar deur sterre, diere en oseane te skep. Toe, op die sesde dag, het Hy die mens "na sy eie beeld" geskape en hom opdrag gegee om "die aarde te vul en daaroor te heers." Dit is meer as net 'n oproep tot voortplanting. Dit is 'n uitdruklike opdrag om te skep, 'n uitnodiging om God se beeld aan die wêreld te weerspieël.


'n 2013 studie deur die Barna Groep het getoon dat slegs een derde van Amerikaanse Christene "geroepe voel tot die werk wat hulle tans doen." Terwyl min van ons geroepe voel tot die werk wat ons hét, begeer amper almal van ons dat ons beroep na 'n roeping sal voel. Maar hoe gebeur dit? Hoe word ons beroep meer as net 'n werk — 'n ware roeping in ons lewens.


Dit begin by 'n in-diepte studie van die Woord van God. Baie Christene voel nie geroepe tot hulle beroep nie, want hulle het ingekoop in die eeue-oue mite dat daar 'n hiërargie van roepings is, waarin die werk van 'n pastoor of voltydse evangelis meer ewige geestelike waarde het as dié van 'n entrepreneur, kunstenaar, opsigter of verkoopspersoon. Die Bybel kon hierdie mite nie meer duidelik ontbloot nie. In die perfekte Eden sien ons hoe die Here Adam roep vir die werk as tuinier en handelsmerkagent, twee beroepe wat ons maklik vandag as sekulêr beskou. Maar dit is 'n God-geordende werk en daarom is dit inherent goed en betekenisvol. Ons aanbid 'n God wat skep en ons roep om te skep met die doel om sy Naam te verheerlik.


Selfs nadat ons aanvaar wat die Bybel te sê het oor die goedheid en betekenis van werk, bly die feit nog staan dat ons werk slegs 'n roeping kan wees as Iemand ons daartoe roep en as ons dan werk vir sy agenda en nie vir ons eie agenda nie. Wat is die agenda van die Een wat ons roep? Jesus het dit so mooi vir ons opgesom in Markus 12. Wees lief vir God en wees lief vir jou naaste. 


Die afgelope paar jaar was dit my missie om stories te vind van Christen entrepreneurs en skeppers, wat deur hul werk gewys het dat hulle God en hulle naaste liefhet. Ek het 'n studie gemaak van hoe die feit dat hulle hul skepping as 'n roeping van God beskou het, hulle verhouding met hulle werk verander het. Hierdie 40+ mans en vroue se verhale verskyn in my boek Called to Create. Oor die volgende paar dae gaan jy die verhale lees van vier van hierdie skeppers: Casper ten Boom, C.S. Lewis, J.R.R. Tolkien en Arthur Guinness. Ek bid dat hulle verhale, tesame met die daaglikse Skrifgedeeltes, jou sal inspireer. Dat jy God se roeping om te skep sal omarm. Mag dit jou aanmoedig om te skep, tot verheerliking van God en tot ander se voordeel.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Called To Create

Ondernemingsgees en kreatiwiteit kan op 'n kragtige wyse gebruik word om God te vereer, ander lief te hê en hul aan te spoor om dissipels van Jesus Christus te word. In hierdie vyf-dag leesplan, gaan jy die Woord lees as...

More

Ons dank aan Baker Books en Jordan Raynor wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.jordanraynor.com/ctcplan/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid