Leesplan inligting

Geroep om te SkepVoorbeeld

Called To Create

DAG 2 VAN 5

Casper ten Boom

Sedert Adam en Eva die verbode vrug geëet het, was werk swaar en moeilik. (Genesis 3) Soos ons egter gister in Genesis 2 gesien het, is werk nie op sigself sleg nie — dis deur God ontwerp as 'n daad van aanbidding en 'n betekenisvolle manier vir mense om God te verheerlik en ander mense te dien.


In 'n gevalle wêreld kan dit moeilik wees om die goedheid, betekenis en ewige waarde van ons werk in te sien. Ek twyfel dat baie van Casper ten Boom se bure sy werk as waardevol beskou het. Sy dogter, Corrie, skryf in haar boek,The Hiding Place, dat haar pa vir meer as sestig jaar lank elke dag werk toe gegaan het as 'n baie gewone horlosiemaker en winkeleienaar. Ten Boom se werk mag dalk voorgekom het as 'n eentonige getik van 'n horlosie, maar hy was 'n man wat sy werk liefgehad en dit as 'n roeping van God gesien het en daarom het hy sy horlosiewinkel as 'n manier gesien waarop hy sy bure kon dien en sy werkers dissipels kon maak. Ten Boom was getrou in sy werk en het die Here in die "klein dingetjies" gedien. God het egter planne gehad om hom met meer te vertrou in die tyd toe Europa op die drumpel van die Tweede Wêreldoorlog was.


Nadat die Duitsers sy tuisdorp, Haarlem, in Nederland beset het, het sy gesin 'n geheime poging aangewend om Jode en ander mense wat deur die Nazi's uitgewis sou word, weg te steek. Ten Boom se horlosiewinkel het die bedrywigheid van die anti-Nazi ondergrondse netwerk in die dorp geword. Kos en ander voorraad is na die Jode ingesmokkel wat in Ten Boom se huis, agter die winkel, weggekruip het. Die Ten Booms het selfs geheime boodskappe oor "horlosies" gebruik om belangrike inligting oor die telefoonlyn te stuur, wat deur die Nazi's afgeluister was.


Op 28 Februarie 1944 het Duitse soldate die Ten Booms gevang en Casper en Corrie tronk toe gestuur. Op daardie stadium het hulle vier Jode en twee lede van die ondergrondse netwerk in hul huis versteek. Toe die Ten Booms weggevat is, het hulle nie geweet of hierdie ses mense lewend of dood was nie. Baie weke later, terwyl hulle in die Schveningen konsentrasiekamp aangehou was, het hulle 'n geheime boodskap ontvang: "Al die horlosies in jou kas is veilig." Corrie het toe geweet dat al ses verstekelinge lewendig uitgekom het. Tien dae na sy arrestasie, is Casper ten Boom oorlede, op die ouderdom van 84. Hy het nie geweet dat sy werk as entrepreneur en horlosiemaker op 'n dramatiese manier gebruik was om God se wil nog een laaste keer te volbring nie. 


Ek het onlangs die kans gekry om die Ten Booms se horlosiewinkel te besoek. Dit bestaan nog vandag. Toe ek na die voordeur toe stap het dit my getref hoe gewoon en onindrukwekkend die winkel was. Die meeste mense het verby geloop sonder om 'n tweede keer daarna te kyk. Ek is seker daarvan dat die meeste inwoners van Haarlem op dieselfde manier na Casper ten Boom se werk as horlosiemaker gekyk en gewonder het van watter betekenis sy werk vir sestig jaar lank was. Ten Boom het egter sy werk op ongelooflik betekenisvolle maniere gebruik. Ons stories sal seker nie so dramaties wees as Ten Boom s'n nie, maar die feit bly staan dat wanneer ons God se roeping vir ons lewe ten volle aangryp, sal Hy ons werk op maniere gebruik wat ons onsself nie kan voorstel dat dit sy wil kan volbring nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Called To Create

Ondernemingsgees en kreatiwiteit kan op 'n kragtige wyse gebruik word om God te vereer, ander lief te hê en hul aan te spoor om dissipels van Jesus Christus te word. In hierdie vyf-dag leesplan, gaan jy die Woord lees as...

More

Ons dank aan Baker Books en Jordan Raynor wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.jordanraynor.com/ctcplan/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid