Leesplan inligting

Sterker as die doodVoorbeeld

Sterker as die dood

DAG 7 VAN 7

Lewe anderkant die dood

Die dood het mense nog altyd gefassineer. En mense probeer nog altyd om met “die anderkant” te kommunikeer. Waarsêers, spiritiste en mediums is baie gewild. Hollywood en kie glo selfs die dooies bestaan post-mortem daar in die omgewing van hulle grafte. Daarom praat mense in flieks so dikwels met die afgestorwenes op die plekke waar hulle begrawe is. Die Nuwe Testament trek egter die gordyn op die anderkant presies ándersom oop wanneer Jesus self hier aan die duskant opdaag. Dit gebeur daar op die Sondag net ná sy kruisiging wanneer Hy uit die dood opstaan.

Wanneer die vroue en die dissipels Jesus sien en herken ná sy opstanding uit die dood, ken hulle vreugde geen perke nie. Hulle weet dan daar is lewe anderkant die loodsware hekke van die doderyk. Hades, die doderyk, het toe nie die laaste sê nie. Die dood kon nie ’n skaakmat-skuif maak nie. Christus het gewen, Hy het ontsnap. Hy leef, en Hy deel sy nuwe lewe met al sy mense. Dit is hoekom ons as navolgers van die Here Jesus nooit treur soos mense wat geen hoop het wanneer die dood aan mense se deure kom klop nie. Of aan ons eie lewensdeur nie. Ons leef nooit asof die dood die laaste sê het oor ons lewe nie. Want dit het nie! Christus hou die sleutels van die dood en die doderyk nou en vir altyd vas in sy eie hande.

Hierdie oordenkings is geneem uit GEREED VIR VANDAG deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sterker as die dood

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid