Leesplan inligting

Sterker as die doodVoorbeeld

Sterker as die dood

DAG 1 VAN 7

Sterker as die dood

Lydenstyd herinner gelowiges deur die eeue aan Jesus se lyding aan die kruis. Hierdie Christelike tradisie word op verskillende maniere gevier. Vir sommige gelowiges gaan dit gepaard met 'n vastyd en onthouding van sekere kossoorte. Ander doen daaglikse lesings uit die Bybel wat verband hou met Jesus se aardse lyding. Hoe gelowiges dit ook al doen, die evangelieskrywers weet dat dit ’n baie moeilike pad was waarop Jesus moes loop. Veral na Jesus se aankoms daar in Jerusalem tydens die jaarlikse Paasfees was Hy ’n persona non grata in godsdienstige kringe.

Jesus se leringe was net te uitdagend en te skokkend vir die plaaslike leiers in die stad. Dit was vir hulle onaanvaarbaar dat Hy hulle tempel met al hulle tradisies so uitgedaag het. Jesus moes uit die weg geruim word. ’n Oneerbare dood aan ’n kruis was die beste manier om Jesus doodstil te kry. Hy moes vermoor word.

Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Ons weet ons Heer aan die kruis is nou ook ons Heer aan die regterhand van God in die hemel. Ons glo in Hom en leef vir Hom.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sterker as die dood

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid