Leesplan inligting

Sterker as die doodVoorbeeld

Sterker as die dood

DAG 5 VAN 7

Vreugde is om Jesus raak te loop

Johannes 20:1-18 vertel vir ons van Jesus se eerste Sondagkuier nadat Hy die dood oorwin het. Al die bloedvergieting en wreedheid van die kruis wat Vrydag aan die orde van die dag was, is nou oor en verby. Jesus het opgestaan. Hy het die dood gewen. Maar sy volgelinge het dit nog nie geweet nie. Toe loop Maria Magdalena vroegoggend daar op die Sondag by die graf in Jesus vas. Terwyl sy verbaas daar rondgekyk het toe sy die leë graf sien, hoor sy Iemand agter haar. Dit was Jesus. Haar hartseer het gemaak dat sy Hom nie herken nie. Sy het Hom verwar met die plaaslike tuinier. “Waar is Jesus se liggaam?” wou sy weet.

Toe sê Jesus net een woord: “Maria!” Dit het haar tot stilstand geruk. Dit is presies die regte hemelse oogsalf … hierdie enkele woord. Maria Magdalena se oë het oopgegaan. Sy het besef dis haar Heer. Hy het die dood oorwin. Toe kry sy by Jesus die opdrag om dié nuus vir sy dissipels te gaan vertel. Hulle moes ook weet Hy leef. Hy gaan terug na sy Vader. Maria se lewe het skielik nuwe betekenis gekry. Sy het ’n vars boodskap op haar lippe gehad. Sy het die eerste boodskapper van die grootste goeie nuus ooit geword. Leer by haar. Om in Jesus vas te loop, is om vreugde te vind, vandag nog. Jy behoort dit wêreldwyd te gaan oorvertel.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sterker as die dood

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid