Leesplan inligting

Sterker as die doodVoorbeeld

Sterker as die dood

DAG 2 VAN 7

Stap jy oral saam?

Kort voor Paasfees het Jesus drie keer vir sy dissipels gesê dat Hy in Jerusalem doodgemaak gaan word. Dit was ’n reuse skok vir hulle – soveel so dat Petrus Hom summier in Markus 8 verbied het om sulke dinge te sê. Maar dit was juis die uitgestippelde pad vir die Messias. Jesus was op pad na ’n baie moeilike afspraak in die stad van Dawid. ’n Doodloopstraat het daar op Hom gewag. ’n Kruis het Hom nader gewink.

Jesus se dissipels se pad het skielik ook baie steil geword toe Jesus na Jerusalem toe begin stap. Dit is hoekom Johannes en Jakobus in Markus 10 vir Jesus gaan vra het of hulle solank die twee beste plekke in die hemel langs Hom kon bespreek. Maar toe hoor hulle by Jesus dat hulle ook eers ’n beker het om te drink voordat hulle op sulke trone kan gaan sit.

So klink die roete van Jesus, vandag nog: Eers ’n kruis dan ’n kroon. Eers ’n beker dan ’n troon. Voor al die glorie van die nuwe lewe by God wag daar ’n pad van lyding hier en nou. Dit is nou nog die pad van Jesus. Terloops, stap jy al die pad saam, al draai dit suid in die rigting van die kruis? Of kies jy ook net die gerief van trone en krone? Kom stap dan nader aan Jesus.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sterker as die dood

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid