Leesplan inligting

Sterker as die doodVoorbeeld

Sterker as die dood

DAG 4 VAN 7

Een dag later

Soms raak alles net doodstil. Woorde is oorbodig. Enige vorm van praat staan skielik in die pad. Dit is presies wat op hierdie stil Saterdag, een dag na Jesus se kruisiging, gebeur. Sy kruis is leeg en verlate, maar sy graf is vol. Vrydag was onmenslik wreed. Vernedering, pyn, bloeddorstigheid … dit was alles deel van die spektakel by Golgota. Die skare wou bloed sien – Jesus s’n. Die godsdienstige leiers wou Hom wreedaardig stilkry. Die Romeine moes ’n potensiële opstandeling effektief uit die weg ruim. Hulle het almal daardie Vrydag presies gekry wat hulle wou hê: Jesus se dood. Dit moes so barbaars moontlik wees. Daar was geen plek of spasie oor vir die liefdesboodskap wat Jesus van vroeg tot laat gepreek en uitgeleef het nie. Geen wonder dat Jesus daar aan die kruis uitgekreet het dat Hy alleen en verlate is nie.

Die dooie gewig van al ons ongehoorsaamheid was Jesus se enigste metgeselle. Maar toe sterf Hy in die arms van sy Vader. “Tetelestai” het Jesus uitgekreet met sy laaste asemteug. “Opdrag afgehandel!” Saterdag was stil, want Jesus was weg. Maar ons hou moed, want ons weet Sondag is op pad. Na 'n stil Saterdag wag daar ’n nuwe dag. Die graf gaan dan leeg agtergelaat word. Ons hoop is op Jesus wat opgestaan het en wat vir ewig as ons Here leef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sterker as die dood

Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit di...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid