Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

DAG 6 VAN 6

Wat is my roeping?

Jou roeping is om aan te hou doen wat Jesus gedoen het toe Hy aarde toe gekom het.

In Lukas 5:32 sê Jesus: "Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars."

In Lukas 4:18-19 sê Jesus: "Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig."

Hy stuur ons om te vertel van die koninkryk van God, verlossing te verkondig, mense te genees, duiwels uit te dryf, uit te reik na die gebrokenes en om te gee vir diegene wat in armoede leef.

Dit is jou roeping. Dit is wat dissipels van Jesus doen.

Elkeen van ons het spesifieke gawes en talente ontvang. In die lig hiervan gee Jesus aan elkeen van ons 'n bediening: sommige moet huweliksberading doen, ander sal met kinders in die plaaslike kerk werk en ander met weeskinders. Sommige sal geroep word om met prostitute te werk en ander sal verpleegsters en dokters wees. Sommige sal huise bou vir armes en behoeftiges en ander sal taalklasse vir ongeletterdes gee.

As jy Hom vra, sal die Heilige Gees vir jou wys wat jy moet doen. En wanneer jy dit doen, onthou dat jou eerste prioriteit is om mense met God versoen te kry en om nuwe bekeerlinge (en ander Christene) dissipelmakers te maak.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid