Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

DAG 5 VAN 6

Om by te voeg versus vermenigvuldiging

Ons het twee probleme om die nasies met die evangelie te bereik. Die eerste probleem is dat ons evangeliseer, maar ons maak nie van die bekeerlinge dissipels en dissipelmakers nie.

Elke jaar besluit miljoene om Jesus te volg. Mense steek hulle hande op en sê hulle wil Jesus volg. Maar binne 'n paar maande of na 'n jaar sal meer as 95% nie meer vir Jesus volg nie. Die probleem is nié met "jou hand opsteek" nie. Die probleem is dat daar nie dissipels gemaak word van daardie nuwe bekeerlinge nie. Die nuwe bekeerlinge moet nie net dissipels gemaak word nie; hulle moet ook toegerus word om weer van ander dissipels te maak. Dit was Jesus se strategie (2 Timoteus 2:2).

Die tweede probleem is dat ons met die beginsel van byvoeging werk en nie vermenigvuldiging nie. Ons gebruik 'n ondoeltreffende model waarvolgens mense nie toegerus word om dissipelmakers te wees nie. Die pastoor preek en rig 'n uitnodiging aan almal. Agt mense gee hulle lewens vir Jesus. Twee maande later maak nog 17 mense ‘n oorgawe om Jesus te volg en na nog ses maande kom nog 25 mense na Jesus toe. Nou het hy 50 nuwe bekeerlinge. Dit is om by te voeg. Daar word net nog bekeerlinge by die gemeente bygevoeg. Ons lees in Handelinge 4:4 dat die getal gelowiges in Jerusalem geweldig toegeneem het nadat hulle die prediking van Petrus en Johannes gehoor het.

Maar vermenigvuldiging is anders. As jy die 50 bekeerlinge neem en hulle dissipels maak en toerus om dissipelmakers te wees, het jy 50 nuwe evangeliste. Dit is evangeliste wat ook in staat is om van elke nuwe bekeerling ‘n dissipelmaker te maak. Indien elke dissipelmaker een bekeerling per jaar maak en elkeen van hierdie 50 nuwe bekeerlinge ‘n dissipelmaker maak — en jy hou aan met die proses sal jy na vyf jaar 1 600 dissipelmakers en evangeliste hê! Dit is vermenigvuldiging.

As jy egter aanhou om 50 bekeerlinge per jaar by te voeg sonder om van hulle dissipelmakers te maak, sal jy na ses jaar 300 bekeerlinge hê en na tien jaar 500. Maar die dissipelmakers groep sal dan teoreties 25 600 wees.

Dit is die verskil tussen byvoeging en vermenigvuldiging.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid