Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

DAG 3 VAN 6

Hy het sy dissipels voorberei om dissipelmakers te wees

Voordat Jesus sy dissipels na die nasies en die aarde se donker plekke gestuur het, het Hy hulle opgelei. Kyk weer na Matteus 28:18-20:

−Gaan en

−maak dissipels

−van al die nasies:

−doop hulle en

−leer hulle om

−alles te gehoorsaam

−wat Ek julle beveel het.

In Matteus 28:18-20 sê Jesus dat Hy sy dissipels stuur om dissipels van alle nasies te maak. Om dit te kan doen, het Hy eers dissipelmakers van hulle gemaak: dissipelmakers wat weer dissipelmakers kan maak ...

Hy het die meeste van sy tyd daaraan bestee om van twaalf manne dissipelmakers te maak, hulle op te lei en toe te rus om uit te gaan om dissipels en dissipelmakers te maak. Maar Hy het ook ander opgelei en uitgestuur. "Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan" ( Lukas 10:1).

"En wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer" (2 Timoteus 2:2 AFR53).

Paulus sê vir Timoteus:

1. Timoteus, ek lei jou op.

2. Jy (Timoteus) moet dan weer betroubare manne oplei.

3. En hierdie betroubare manne moet ander oplei.

In hierdie vers gee Paulus vir ons 'n bloudruk, ‘n meesterplan, hoe om die werk te doen. Paulus het Timoteus opgelei, Timoteus het betroubare manne opgelei en die betroubare manne het ander opgelei ... ‘n volgehoue herhaling van die proses.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid