Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is nommer 25 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplan sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor ons roeping om dissipelmakers te wees

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Markus 16:9-20 en Lukas 4:18-19

Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself — wie Hy is, sy karakter, werke, bevele en beloftes — aan my?)

Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeeltes? Sluit dit byvoorbeeld in om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

"Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?" is 'n baie sinvolle vraag om te vra.

Van inligting tot gehoorsaamheid: Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Ons moet oorgaan van inligting na gehoorsaamheid.

1. Wat voel ek vra die Heilige Gees van my om te doen?

2. Hoe kan ek dit wat ek in hierdie Skrifgedeeltes ontdek het, integreer in my lewe?

3. Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeeltes?

4. Is daar iets wat in my lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes?

5. Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van my bestudering van hierdie Skrifgedeeltes?

6. Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense rondom my?

7. Met wie kan ek praat oor wat ek in hierdie Skrifgedeeltes geleer het?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid