Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

DAG 2 VAN 6

Jesus stuur ons na donker plekke

Hoekom het Jesus gekom? Hy het ons kom vertel van die koninkryk van God. Hy het gekom om die goeie nuus van verlossing te verkondig, mense te genees, duiwels uit te dryf, dooies op te wek en die Vader aan ons te openbaar. Hy het gekom vir die gebrokenes, die armes, die mense wat hulleself nie kan help of versorg nie en vir mense in pyn en totale verlorenheid.

Waar kry ons hierdie mense? In die donker plekke. Ons kry hierdie mense onder die "wolwe" — op plekke waar Christene onwelkom is en vervolg sal word. Jesus stuur ons na die donker plekke.

1. Jesus het gesê: "Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe" (Matteus 10:16 AFR20).

2. Jesus het gesê: "Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in" (Lukas 10:3 AFR20).

Belangrik: Is daar ongereddes in jou uitgebreide familie? Is daar van jou vriende wat Jesus nie ken nie? Bid vir hulle asof dit jou lewe is — hulle lewens hang daarvan af. Daar is 3 miljard mense in Indië, Indonesië, die Midde-Ooste, Noord-Afrika, Wes-Afrika, Oos-Afrika en talle ander plekke waar daar duisternis heers — en mense Jesus nie ken nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees

Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid