Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

DAG 7 VAN 7

Die sin van die lewe en 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing

Alle mense het 'n lewens- en wêreldbeskouing. Kommuniste, Moslems, Hindoes, Boeddhiste, humaniste, sekulariste, ateïste — almal het 'n wêreldbeskouing.

Christene het 'n wêreldbeskouing. Hier is 'n paar dinge wat Jesus vir ons kom sê het en ons wêreldbeskouing vorm:

1. Ons het 'n Vader — geen ander godsdiens in die wêreld het 'n Vader in sy wêreldbeskouing nie (Matteus 6:9).

2. Geen ander godsdiens het dieselfde begrip van vergifnis as die Christendom nie — Jesus het in ons plek vir ons sondes gesterf. Die meeste godsdienste het geen of ‘n baie onderontwikkelde begrip van vergifnis (Hebreërs 7:27).

3. In alle ander godsdienste word ons toekoms na die dood bepaal deur goeie werke of die gebrek aan genoeg goeie werke.

4. Ons moet wedergebore word — uit die Gees gebore word — om hemel toe te gaan (Johannes 3:3-9).

5. Ons kan slegs hemel toe gaan indien ons glo in Jesus as Here en Verlosser (Johannes 3:18, 36).

6. As Christene bou ons ons lewens op die fondasie dat ons kinders van God kan wees en ons sondes vergewe kan word op grond van God se genade en barmhartigheid — en niks anders nie. (Romeine 6:23).

7. Die totale wêreldbeskouing van die Christen is geanker in die kruis, bloed en opstanding van Jesus (1 Korintiërs 15; Johannes 12:32-33). Daar is geen Christelike godsdiens sonder die kruis en opstanding van Jesus nie.

8. Jesus het gesê Hy dat hy weer sal kom en sal ons neem na waar Hy is — daar is 'n hemel en lewe na die dood (Die Openbaring 21-22).

9. Die konsep om jou vyande lief te hê, kom basies nie in ander godsdienste voor nie (Matteus 5:38-48).

10. Jesus het ‘n opdrag gegee vir sy kinders: Gaan maak dissipels van al die nasies. Hierdie opdrag bepaal hoe ‘n Christen sy lewe moet leef (Matteus 28:18-20).

Daar is ander dinge ook, soos die fokus op die waarheid, geloof, heiligheid van die huwelik en om ander te dien.

Die vraag wat elke Christen konfronteer: Tot watter mate leef jy volgens 'n Christelike wêreldbeskouing? Dit is een ding om 'n Christelike wêreldbeskouing te hê en 'n ander om daarvolgens te leef.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid