Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

DAG 1 VAN 7

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.20 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die sin van die lewe en ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Johannes 1:1-3; Psalm 139:1-18; Kolossense 1:16.

Besin oor hierdie Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeeltes — bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. ‘n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeeltes in die Bybel?

Van inligting na gehoorsaamheid

Wat is daar wat ek voel die Heilige Gees van my vra om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, hoe reageer ons?

In hierdie gedeelte gaan ons oor van inligting na gehoorsaamheid:

Is daar iets wat in my lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes?

Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe?

Hoe moet ek gehoorsaam wees aan God?

Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeeltes?

Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van hierdie Skrifgedeeltes?

Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense om my?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid