Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

DAG 3 VAN 7

Die sin van die lewe: God het elke mens met 'n spesifieke doel geskep

"Die Here het alles gemaak met ’n doel, ..." (Spreuke 16:4).

"Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het" (Efesiërs 2:10).

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra" (Jeremia 29:11-13).

Vroeër of later vra mense: Wat doen ek hier? Is daar iemand wat my liefhet? Is my lewe van enige waarde? Is daar iemand wat my nodig het?

Vóórdat ons enige iets gedoen het, het God ons liefgehad. Hy het ons lief ten spyte van wie ons is, ongeag wat ons gedoen het. Hy het ons onvoorwaardelik lief. Dit beteken nie dat Hy alles goedkeur wat ons doen nie, maar wel dat Hy ons lief het.

Die antwoord op die eerste vraag lei tot 'n tweede vraag: Het iemand my nodig? Het ek 'n doel? Is daar mense wat my nodig het, lief te hê en te help? As alles net om myself sentreer, word die lewe sinloos. Verbasend genoeg verander die lewe wanneer ek God begin verheerlik, 'n seën vir ander is (goed doen aan hulle), die evangelie van verlossing deel en mense help wat pyn het, siek is, in gebrokenheid vasgevang en verlore is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid