Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

DAG 4 VAN 7

Verhaal: J.D. Rockefeller

J.D. Rockefeller het op 43 die grootste besigheid ter wêreld besit en op 50 was hy die wêreld se enigste miljardêr.

Maar Rockefeller was nie gelukkig nie. Hy het 'n velsiekte ontwikkel waar die hare op sy kop begin uitval het, en die hare van sy oogbanke en wenkbroue. Hy het gesukkel met sy spysvertering en kon net beskuitjies eet en melk drink — en dit met 'n weeklikse inkomste van 'n miljoen dollar per week.

Een van sy biograwe het gesê dat hy 'n diep begeerte gehad het om geliefd te wees. Mense het hom gehaat vir die manier waarop hy sake gedoen en mense vertrap het. Hy kon nie slaap nie en het geen vreugde gehad nie.

Een aand, na 'n droom, het hy skielik besef dat hy nie eens een sent saam met hom kan saamneem wanneer hy sterf nie. Hy het opgestaan en die Rockefeller-stigting begin en miljoene dollars aan verdienstelike sake weggegee. Stadig het sy gesondheid verbeter. Sy familie en vriende kon sien dat hy weggedraai het van die geldgod af.

Hy het Christus begin volg, deur wie hy sin en betekenis ontdek het. En hy was vir miljoene tot groot seën.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid