Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

DAG 6 VAN 7

Die sin van die lewe: Wie sal my verlos van my sonde?

"Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God" (Efesiërs 1:7).

"Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid" (1 Johannes 1:9).

"Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: 'Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!'" (Johannes 1:29).

"Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here" (Romeine 6:23).

Wie sal my red van my sonde, gebrokenheid, verlorenheid en pyn? Wie sal my van myself kan verlos? Mense soek antwoorde op hierdie vrae en daarom het mense hulle eie godsdienste geskep. Een diepgewortelde geloof by selfgemaakte godsdienste is die volgende: "As ek genoeg goeie dade kan doen, sal dit al my slegte dade uitkanselleer." Diep in ons binneste weet ons egter dat ons beste werke nie die dinge wat ons verkeerd gedoen het, tot niet kan maak nie.

C.S. Lewis het gesê: "Sodra mense ophou om in God te glo, is die probleem nie dat hulle in niks sal glo nie; die probleem is eerder dat hulle enigiets sal glo." Dit is ongelooflik om te sien wat mense sal glo solank hulle net nie die Bybel hoef te glo nie.

Die Bybel sê verlossing, om van ons sondes verlos te word, kan slegs gevind word in iemand anders wat die straf vir ons sondes betaal — daardie Persoon vind ons net in Jesus Christus. Jesus Christus is God se antwoord op ons sonde-probleem. Christenskap is die enigste godsdiens wat sê dat ons onsself nie kan red nie en dat Iemand anders bereid is om die prys vir ons sonde te betaal.

Gehoorsaamheid: Wat gee jou die versekering dat jy hemel toe sal gaan? Jesus en Jesus alleen, of Jesus plus jou goeie lewe en goeie werke?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid