Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 6 VAN 6

Die kruis moet dieper in ons lewens ingaan (3)

Wanneer ons die Heilige Gees toelaat om elke ding in ons lewe te toets en die dinge aflê wat Hy vir ons uitwys, lei dit altyd na ‘n lewe van heiligheid, vryheid en reinheid. Dit lei tot ‘n lewe wat deur God geseën word en ons van swaar laste bevry word. As ek die kruis in my lewe toelaat, verander my lewe tot by die punt waar mense Jesus in my kan sien.

Die evangelie is belangriker as my nasionaliteit, my regte, teologie, taal en kultuur. Dit is wanneer ons na die kruis toe kom, dat die Heilige Gees vir ons wys watter van hierdie dinge vir ons belangriker as Jesus is.

'n Jong man het vir die beroemde evangelis, D.L. Moody, gevra: "Wat beteken dit om aan myself te sterf?" Moody het opgestaan en by die deur uitgestap. Die jong man het hom gevolg. Moody het na ‘n begraafplaas gestap. By een van die grafte het hy gestop en vir die jong man gesê om die man sleg te sê. Die jong man was verbaas en wou dit nie doen nie, want hy het nie eens die persoon geken wat daar begrawe is nie. Moody het hom aangemoedig om die man sleg te sê. Hy het dit toe gedoen.

Daarna het Moody vir hom gesê om vir die man te sê watter goeie mens hy was en hom te prys. Die jong man was nou heeltemal verbouereerd. Uiteindelik het hy daarin geslaag om 'n paar woorde uit te kry. Toe vra Moody: "Wat het die man gedoen toe jy daardie verskriklike dinge vir hom gesê het?" "Niks nie," het die jongman geantwoord, "want hy is dood!" Toe vra Moody: "Wat het die man gedoen toe jy hom geprys het?" Die jong man het geantwoord: "Mnr. Moody, die man is dood! Hy het niks gedoen toe ek hom geprys het nie." Hierop het Moody geantwoord: "Dit is wat dit beteken om aan jouself te sterf: Jy moet dood wees vir jouself en wat mense van jou dink."

Gehoorsaamheid: Wat is daar in jou lewe waaraan die Here nie mag raak nie?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid