Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.19 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor totale oorgawe en sterf aan die self

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Matteus 16:21-28, Johannes 12:24-25 en Johannes 3:30.

Besin oor hierdie Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte — bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. 'n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeeltes in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid:

Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeeltes ontdek het, integreer in my lewe?

Hoe moet ek God gehoorsaam?

Hoe kan ek vir ander tot seën wees?

Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?

Wat voel ek vra die Heilige Gees vir my om te doen?

Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer.

Is daar iets wat in my lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes?

Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van wat geleer het uit hierdie Skrifgedeeltes?

Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense om my?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid