Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 4 VAN 6

Die kruis moet dieper gaan in ons lewens (1)

Om aan die self te sterf, beteken dat ons in elke situasie sê: "Vader, laat U wil geskied." Dit vereis gebrokenheid — dit vereis dat ek aan myself sal sterf. Ek moet toelaat dat die self in my gekruisig word. Die self is altyd op soek na simpatie, bevrediging, aanvaarding, gewildheid en erkenning, die opbou van selfbeeld en die toelaat van "my wil". In die lewe van ‘n dissipel van Jesus is God se wil al wat saak maak, sy heerlikheid, sy koninkryk, en die redding van sondaars.

Die oorheersende geestelike klimaat in baie gemeentes, en in die lewens van baie Christene, is een waarin die kruis nie verkondig word nie en nie welkom is nie. ‘n Evangelie sonder die kruis en ‘n dieper dood van die self, sal geen impak maak op die lewens van nie-Christene nie. Die doel van die kruis, is die dood van die ou sondige natuur — sodat daar ruimte sal wees vir die opstandingskrag van Jesus Christus in die lewe van gelowiges.

Die “kruis” het 'n aanvaarbare simbool geword, en daar word van ons verwag om mooi dinge daaroor te sê, maar in die praktyk, lei dit dikwels nie tot die dood van die self nie — soos verduidelik word in Romeine 6:11-14. Die Romeinse kruis het mense doodgemaak. Vandag is daar baie mense wat 'n klein kruisie om hulle nekke hang maar nie weet wat die konsekwensies van die kruis is nie. Die rede vandag vir die gebrek aan krag in die lewens van baie Christene, is die feit dat die kruis nie diep genoeg in hulle lewens ingedring het om tot die dood van die self te lei nie. Die kruis maak ons vry van alle laste om God beter te dien.

Gehoorsaamheid: Hoe diep gaan die kruis in jou lewe? Vra die Heilige Gees om die kruis dieper in jou eie lewe toe te pas. Wees spesifiek.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid