Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 2 VAN 6

Die verskil tussen "commitment" (verbind) en totale oorgawe

"Hy moet meer word en ek minder" (Johannes 3:30).

"en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê" (Galasiërs 2:20).

"Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: 'My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil'" (Matteus 26:39).

"Commitment" is nie 'n Bybelse konsep nie. Te dikwels hoor ons mense sê dat hulle 'n "commitment" gemaak het om die Here te volg, of om ‘n bepaalde ding te doen. Wanneer ons onsself tot iets "commit" of verbind, is ons nog steeds in beheer. “Ek” bepaal nog steeds hoeveel geld ek vir 'n spesifieke projek sal gee, hoeveel tyd ek sal bestee om iemand in nood te help, en tot watter mate, en in watter omstandighede, ek iemand sal help.

Die Bybel praat van oorgawe. In "oorgawe" gee 'n mens alles. Jy hou niks vir jouself nie. Jy het nie meer enige reg daarop nie. Daar is geen voorwaardes nie. Jy het geen sê meer nie. Jy het eienaarskap prysgegee. Jy het alles aan God oorgegee. Dit is in sy hande om te besluit wat Hy daarmee gaan doen.

Hy vra van ons totale oorgawe. God vra alles. Wat ons ook al terughou, sal God se plan vir ons lewe belemmer. Wat ons ook al terughou, sal ons self moet hanteer — en in ons menslike gebrokenheid en sondigheid kan ons dit nie regtig doen nie.

Vraag: Wat is daar in jou lewe waaroor jy nog in beheer wil wees?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid