Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 5 VAN 6

Die kruis moet dieper gaan in ons lewens (2)

Die kruis maak nie ruimte dat ek te kwaad kan word nie. Die kruis maak nie ruimte vir dit wat ék dink wat “reg of verkeerd is nie”, maar of dit wat ek wil doen, die wil van God vir my is. Die kruis sê: Nie my wil nie, maar God se wil. Die kruis sê God besluit oor geld, my “reg’ om myself te verdedig. By die kruis is my ambisies, my planne en drome nie in die eerste plek nie. By die kruis vra ek: "Here Jesus wat droom U oor my, wat is u plan vir my?"

Die kruis sê ek moet die Heilige Gees toelaat om te doen wat Hy weet wat reg is, en elke ding wat sal verhinder dat mense Jesus nie in my lewe kan sien nie, moet ek prysgee. En juis dit maak my vry om met groot vryheid en blydskap te lewe. Dit klink “onlogies”, maar dit is die praktiese realiteit waarvan almal praat wanneer hulle die Heilige Gees toelaat om ons te lei soos Hy die beste weet.

Is ek bereid om deur mense verwerp te word ter wille van Jesus? Is ek bereid om verag te word en nie hoog geag te word nie? Is ek bereid om te ly?

By die kruis gaan dit nie meer oor hoe belangrik ek is nie, om groot dinge te doen nie of om deur mense geëer te word nie.

Gehoorsaamheid: Is daar iets wat die Heilige Gees vir jou wys wat jy nie wil aflê nie — nie na die kruis toe wil bring en die Heilige Gees wil vra hoe Hy daaroor dink nie?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid