Leesplan inligting

Ontwaak en SkynVoorbeeld

Arise and Shine

DAG 5 VAN 5

Kinders van die Lig


In die Bybelboek, Jesaja, sien ons dat die mense in Jerusalem gevoel het hulle is in die duisternis van die wêreld vasgevang en ook in hul eie sondes: "Daarom is daar geen sprake van reg en geregtigheid vir ons nie. Ons wag op lig, maar dit bly donker, ons wag op 'n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker" (Jesaja 59:9).


Die profeet Jesaja roep hulle egter op tot iets hoër. Hy roep hulle na die waarheid.


"Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid" (Jesaja 60:1–2).


Jy is ook geroep tot iets hoër. Jy is nie in die duisternis vasgevang nie. Die ware lig vir hierdie wêreld het neergedaal en as mens kom lewe, waarna Hy sy lewe vir jou gegee het. Die duisternis van hierdie wêreld kan oorweldigend voorkom. Die duisternis waaraan ons soms self deel het, kan aanloklik wees. Jy mag dalk onbevoeg voel om Christus se lig te laat skyn. Dit is waar die vyand wil hê jy moet bly! Dit is die duisternis waarin die mense in Jerusalem gevoel het dat hulle vasgevang is. Dan sien ons egter dat Jesaja vir hulle sê om op te staan en te skyn.


My vriend, ek wil nóú vir jou sê: “[Voeg jou naam hier in] staan op! Laat jou lig skyn sodat almal dit kan sien, want die heerlikheid van die Here styg op om oor jou te skyn.”


Vestig jou oë op Jesus en laat Hom toe om die manier te verander waarop jy dinge sien. Hy is die outeur en skepper van alles en Hy wil hê dat jy dinge sal sien soos dit regtig is: Reeds oorweldig deur die lig vir die wêreld.


Dit is tyd om op te staan en te skyn. Dit is tyd om nie langer volgens die vyand se leuens te leef nie, maar te begin leef volgens die waarheid van die Woord van God. Dit is tyd om nie langer die lig op jouself te laat skyn nie, maar eerder op Jesus te laat skyn. Dit is tyd dat jy die lig van Christus sal laat skyn sodat die hele wêreld die heerlikheid van die Here kan sien en erken. Jy kan dit doen, my vriend.


Staan op en skyn.


Heer, ek wil hê dat u lig in en deur my sal skyn. Herinner my elke dag aan die waarheid dat U groter as enige duisternis is! Amen.


Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Leer meer omtrent Staan op en Skyn deur Allyson Golden hier .


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Arise and Shine

Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/726918/arise-and-shine-by-allyson-golden

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid