Leesplan inligting

Ontwaak en SkynVoorbeeld

Arise and Shine

DAG 1 VAN 5

Lig in die Duisternis


Ek weet nie van jou nie, maar ek wil graag die soort mens wees wat aan ander hoop bring. Ek wil vol vreugde en 'n helder skynende lig vir Jesus wees. Party dae voel dit egter net té moeilik om die lig vanuit donker omstandighede te sien. Alhoewel ek weet dat God my oproep om my vrese, bekommernisse en vrae op sy skouers te laai en dat Hy belowe om my rus te gee, worstel ek met 'n duisternis in my hart en gedagtes.


Johannes 1:4–5 sê die volgende oor Jesus: “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie." Met ander woorde, Jesus is die lig vir die wêreld. Ons mag dalk deur die duisternis oorweldig voel, maar dit sal ons nooit oorrompel nie, want Jesus se lig is in ons en om ons.


Al die negatiewe of onaangename dinge wat jy op jou foon sien, het nie 'n houvas op jou nie. Die negatiwiteit wat jou dalk by die werk omring, kan nie God se plan vir jou lewe in die wiele ry nie. Die duisternis wat jy in jou daaglikse omgang sien, sal jou nie oorrompel nie — bloot op grond van die krag wat in die Naam van Jesus opgesluit lê.


Duisternis het die manier om ons te oortuig dat ons vasgevang is. Dit wil hê dat ons moet dink ons word daardeur beheer, maar dit is hoegenaamd nie waar nie. Ons het die mag om te kies of ons beheer oor onsself aan die duisternis wil oorgee, of self, met die hulp van God, beheer wil neem. Die vyand wil graag hê ons moet die leuen glo dat daar geen lig in die duisternis kan wees nie. Die Satan wil nie hê dat ons die hoop moet hê wat Jesus aan ons bied nie.


Om te ontdek hoe om Christus se lig te wees, is 'n proses, maar dit is 'n proses waartoe jy heeltemal in staat is. Jy is presies waar jy op hierdie oomblik veronderstel is om te wees — en Hy is by jou.


Heer, ek wil U nog beter leer ken. Ek wil u hart vir my, vir ander en vir hierdie wêreld verstaan. In watter area van my lewe roep U my om U meer te soek? Help my om die vyand se leuens teen te staan, wat my aandag van U wil aflei. Help my om nader aan U te kom, sodat u lig deur my kan skyn. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Arise and Shine

Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/726918/arise-and-shine-by-allyson-golden

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid