Leesplan inligting

Ontwaak en SkynVoorbeeld

Arise and Shine

DAG 4 VAN 5

Vrygemaak


Verslawing, trauma, onsekerhede en mislukkings. Wanneer dit oor ons begeerte gaan om 'n lig te wees wat vir Christus skyn, is dit maklik om te voel dat jy nie kwalifiseer nie as jy 'n diep, donker geheim het wat jou hart en gedagtes inperk en jou heeltyd herinner aan jou verborge sonde.


Ons probeer om hierdie donker dinge in 'n tas in te druk waar niemand dit kan sien nie. Ons is bang dat ons lewens ten kwade sal verander as ons dit aan die lig bring. Ons bekommer ons oor wat mense van ons sal dink "as hulle geweet het". Dit is omdat die vyand ons in ons sondes vasgevang en vasgeketting wil hou. Hy wil hê dat ons moet dink dit is belangriker wat ander mense dink as wat God vir ons sê.


Weet jy egter wat jou onbevoeg maak om die lig van Christus te laat skyn? Niks nie! Dit maak nie saak hoe donker jy jou sonde beskou of hoe gebroke jy dink jy is nie — Jesus se liefde vir jou is só wyd en só diep dat Hy jou wil gebruik om sy lig op ander te laat skyn, selfs te midde van jou gebrokenheid.


Bring dít wat jy wegsteek na die lig en laat die Here toe om jou vry te maak. Ongeag wat jou in 'n put van skaamte aftrek — jy was nooit veronderstel om dit alleen te dra nie.


God het jou gekies, wetende watter sonde jy sou pleeg. Hy het jou gekies, wetende dat jy gebroke is. Hy het jou gekies terwyl Hy alles van jou geweet het. Niks, hoegenaamd niks, kan die feit ongedaan maak dat God jou liefhet en jou roep om 'n lig vir Hom te wees nie.


God beloof om aan ons "eer in plaas van smart” te gee (Jesaja 61:3). Jou verlede maak jou nie onbevoeg om deur Hom gebruik te word nie. Met Hom, en deur Hom, is jy heeltemal in staat om sy lig te laat skyn.


Here, dankie vir u oneindige genade. Ek vra in die Naam van Jesus dat enige leuen van die vyand ver van my sal wegbly. Ek vra om vergifnis vir die maniere waarop ek teen U gesondig het. Ek loof U as my Verlosser. Dankie dat U my vergewe, my sien vir wie ek is, en my steeds liefhet. Help my om 'n lig vir U te wees. Bring my hart in voeling met u hart. Wakker die begeerte in my aan om die beste moontlike weerspieëling van U te wees. Verwyder enigiets uit my lewe wat my verteenwoordiging van U verhinder. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Arise and Shine

Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/726918/arise-and-shine-by-allyson-golden

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid