Leesplan inligting

Ontwaak en SkynVoorbeeld

Arise and Shine

DAG 3 VAN 5

Nader tot God


Gebed is nog 'n manier om tot God te nader terwyl ons 'n helder lig vir Hom word. In die Bybel staan daar: “En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra" (1 Johannes 5:14–15). Ons kan al ons seerkry, bekommernisse en begeertes aan God se voete lê.


Om deur die psalms te bid, kan 'n wonderlike kommunikasiemiddel met God wees, as jy sukkel om jou gedagtes te verwoord. Die meeste van die psalms, byvoorbeeld Psalm 139, is gebede wat deur ander mense geskryf is. Om dieselfde verklarings en versoeke na God te bring, wat mense soos koning Dawid tot God gebid het, is vir my baie betekenisvol. Aangesien die psalms deel van die Woord van God uitmaak, is dit kragtig om hulle — of enige Bybelvers — oor ons lewens te bid. Soos ons gister gesien het, is die Bybel lewend, kragtig en in ooreenstemming met die Here se hart.


Namate ons nader aan God beweeg, leer ons om meer en meer op Hom te steun. Moses se verhaal in die Bybel herinner ons hieraan. In Eksodus 3:1–12 verskyn God aan Moses vanuit 'n brandende doringbos. (Let daarop dat God aan Moses verskyn in die vorm van lig!) Hy roep dan vir Moses om die volk uit Egipte te lei — 'n reusetaak om uit te voer. Moses se reaksie was om oorbluf te vra: "Wie is ek?" Jy het moontlik dieselfde reaksie gehad op die roeping vir jou lewe: "Here, maar wie is ek?"


God se antwoord aan Moses was: “Ek sal by jou wees”. My vriend, God is by jou in alles wat jy doen. Jy betwyfel dalk jou roeping. Jy voel dalk onbevoeg om vir Christus 'n lig te gaan wees. Dalk wíl jy dit nie eens doen nie. Die Here sal egter by jou wees. Dit is 'n belofte van God. Jy is nie geroepe om enige heilige werk alleen te doen nie, maar eerder sy-aan-sy met die Vader. Wanneer jy tot God nader, skyn sy glans uit jou.


Heer, ek verskyn vandag voor U met 'n hart wat daarna smag om tot U te nader. Ek kan dit nie alleen doen nie. Ek het u krag en u genade nodig. Beskerm my, lei my en leer my meer oor Uself. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Arise and Shine

Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/726918/arise-and-shine-by-allyson-golden

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid