Leesplan inligting

Ontwaak en SkynVoorbeeld

Arise and Shine

DAG 2 VAN 5

Die Vreugde van die Woord van God


Ons mag dalk dink om "die lig te laat skyn", beteken om aan mense hoop te bring of ons te verheug in gelukkige oomblikke. Alhoewel ek glo dat dit wel deel daarvan uitmaak, het ek geleer dat lig die helderste in moeilike situasies skyn. Net soos sonlig deur die gebroke glasstukke van 'n gebrandskilderde venster kan dring, kan Jesus ook deur ons donker, gebroke dele dring en skyn sodat die hele wêreld dit kan sien.


As ons tydens donker tye op God steun, sal ons versterk en toegerus word om sy lig te laat skyn. Een manier om nader aan die lig vir die wêreld te beweeg, is om die Woord van God te lees.


Dalk het jy al gedink: "Die Bybel is vervelig. Ek verstaan dit nie" of "Ek het nie daarvoor tyd nie." Ek wil jou egter iets anders vra: Wat in jou lewe behoort in der waarheid ooit 'n hoër prioriteit te geniet as om die "lewende en kragtige" Woord van God te lees (Hebreërs 4:12)? Ek dink nie die volgende kan ooit genoeg gesê word nie: Die Woord van God verander alles.


Om die Bybel te lees, behoort nie soos 'n las te voel nie. Dit is waar ons die kragtige woorde van God sal teëkom en dit is een van die maniere waarop Hy met ons praat. Dus, waarom sou ons nie in voortdurende kommunikasie met God gewikkel wou wees en Hom toelaat om ons op te bou en te suiwer nie? Een rede: die Satan. Die laaste ding wat die vyand wil hê, is dat ons die Woord van God eerste in ons lewens plaas. Daarom "loop hy rond soos 'n brullende leeu" (1 Petrus 5:8) en doen alles in sy vermoë om ons aandag af te lei, ons te bedrieg en ons te laat voel asof dit nie nodig is om die Bybel prioriteit te gee nie.


Soos ons almal weet, kan ons fone een van die grootste afleidings in ons lewens wees! Een van die maniere waarop jy egter jou foon ten goede kan gebruik, is om 'n herhalende herinnering op te stel wat iets sê soos: "Het jy al vandag die belangrikste Boek in die wêreld gelees?"


Om die Bybel te lees, stem 100% ooreen met God se wil vir ons lewens. As ons dus vir Hom vra om ons te versterk sodat ons dit daagliks doen, kan ons sekerlik weet dat Hy ons hoor.


Heer, ek wil graag daaroor opgewonde raak om u Woord te lees omdat dit my elke dag nader aan U kan trek. Dankie dat U met ons deur die Bybel praat. Help my om U beter te leer ken. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Arise and Shine

Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/726918/arise-and-shine-by-allyson-golden

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid