Leesplan inligting

Groeiend in Waarheid – Vir OuersVoorbeeld

Growing in Truth – For Parents

DAG 7 VAN 7

Lees Filippense 4:8


Die afgelope paar dae het jy tyd opsy gesit om jou kennis van die waarheid te verdiep, en gister het jy tyd in gebed deurgebring om God te vra om aan jou die areas in jou lewe te openbaar waar jy nog in kennis van die waarheid moet groei. Benut vandag om te dink aan dinge wat God gelukkig maak en volgens sy standaarde waar, reg en mooi is. Prys God vandag in gebed vir al die wonderbaarlike dinge wat Hy gemaak en gedoen het, en stel ‘n lys van tien punte op van ‘n lewe wat volgens Filippense 4:8 gepas is … ek wed jou, jy sal heelwat meer as tien kan identifiseer sodra jy begin dink!


Mediteer oor die volgende


Wees vandag daarop ingestel om deurentyd te bid, en dink voortdurend aan alles wat betroubaar, regverdig en mooi is. Vul jou lys aan met meer voorbeelde, en moedig jou gesin aan om hulle idees ook op die lys te skryf!


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Growing in Truth – For Parents

“Groeiend in Waarheid” is ‘n familievriendelike Bybelleesplan! Die leesplan bevat daaglikse tematies-eenvormige ouer- en kindertoepaslike leeswerk met vrae om besprekings uit te lok van dit wat saam geleer is. Nooi jou m...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid